advertisement
Question
Posted by: Landa | 2007/02/20

Vriendin se probleem

More Dr

My vriendin het n groot probleem. Sy sukkel al die afgelope 2 en n half jaar met n hoofpyn reg bo-op haar kop. Sy was nou die dag by haar GP. Hulle het n klomp toetse gedoen en alles was negatief. Sy het gister n spesialis gaan sien en hy kon niks kry nie. Sy gebruik tot 10 pynstillers n dag. Haar lewer is blykbaar so opgemors alreeds. Sy het n 1 jarige seuntjie en kan nie kwaliteit tyd saam met hom spandeer nie. Sy is in trane gewees omrede niemand vir haar kan se wat fout is nie... Het U enige idee wat dit dalk kan wees. Haar mediese fonds is uitgeput, so sy moet van nou af alles -|- ant betaal.

U advies sal baie waardeer word...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Landa,

Daar is altyd ‘n rede vir hoofpyn, en as hulle nog nie die oorsaak gekry het is dit nie te se dat dit nie moontlik is om die probleem op te los nie.

Pille is ook nie die antwoord nie, want as hulle help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

Om die probleem te laat diagnoseer is dit nodig dat u vriendin eers n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement