advertisement
Question
Posted by: Verloofde | 2006/11/10

Vriende

Hi, ek is tussen twee werelde en het asseblief raad nodig. My aanstaande het 'n vriend wat al van kinderjare kom. Hy heg baie waarde aan die vreindskap. Ek, aan die ander kant, kan weer nie die man voor my oe verdra nie. Dit is glad nie omdat ek jaloers is nie, hy is net die tipe persoon met wie ek nog altyd koppe gestamp het en ek vind hom ongeskik en te vol van homself. In die drie jaar wat ek hom ken het hy seker nog net vyf sinne met my gepraat. Hy dink hy is altyd reg en luister nie na iemand anders se opinie nie. Hy is net na ons verloof en so het ek en sy aanstaande maar soort van saam begin kuier. Sy is nie te sleg nie, maar kan ook baie ontakvol en domastrant wees. Die groot probleem het begin toe ons na trou"venues" begin soek het. Ons het regtig baie hard gesoek, want ek wou die perfekte plek he, waar hulle net gevra het waar ons al was en dan net na die plekke gaan kyk het as ons daarvan hou. Ek het vir hulle van nog 'n paar plekke vertel waarnatoe ons wou gaan en hulle het toe solank vir hulself afsprake gemaak om te gaan kyk. Een spesifieke plek het uitgestaan, maar met al die afsprake by die ander venues wat ek gemaak het kon ek en my aanstaande eers die Sondag by die venue uitkom waar ons vriende al die Saterdag gegaan het. Toe ons die Sondag gaan was ons dadelik mal oor die venue en het dadelik 'n deposito neergesit. Hoog in die wolke oor ons oulike plekkie het ek die meisie geSMS en laat weet dat ons 'n venue gekry het. Sy het niks laat weet nie tot die Donderdag daarna toe my aanstaande se vriend bel en se hulle vat ook die plek maar hulle datum is voor ons s'n. Sy redenasie was dat hulle die plek voor ons gesien het en dus eerste reg daarop het. Wat 'n panarie - ons kan nie die deposito terug kry nie, maar ek wil nie na hulle op dieselfde plek trou nie! Ek gril om net aan die wittebroodssuite te dink. In elk geval was ons letterlik orals waar ons moontlik vir 'n venue kon soek en het regtig van niks anders gehou nie. My aanstaande is 'n baie gematige persoon en se toe hy gee nie om nie, maar sal by my hoor. Ek was natuurlik woedend! Ek het reguit vir die meisie gese wat ek van hul optrede dink en dat ek nie daarmee saamstem nie. Boonop gebruik sy nou my bomme idee ook nog. Ons is basies nou kwaai vreinde en dit maak my aanstaande ongelukkig. Hy wil he dat ek hulle moet -|- ak en vrede maak, maar wat se ek? Ek voel nog presies dieselfde oor die hele aangeleentheid. En elke keer as iemand vra waarom ons by dieselfde plek as ons vreinde trou is ek van vooraf woedend want eintlik trou hulle by dieselfde plek as ons! Ek weet hulle sal nooit onverskoning vra nie en hulle glo hulle het niks verkeerd gedoen nie. Ek gee glad nie om om hulle nooit weer te sien nie - ek is gewoond daaraan dat my vriende uit hul pad sal gaan om mekaar te akkomodeer en gelukkig te hou, nie met die eerste die beste geleentheid voordeel uit 'n ander te probeer trek nie. Help asseblief - dis vir my sleg om my ou so af te sien en te weet ek is die rede, maar ek kry myself net nie om jammer te se aan die ander twee nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I hope that's a typo --- that your idea for the weding involved BLOMME and not BOMME ? I'll be interested to see what other readers can suggest, here. With a good wedding planner / event coordinator, surely the venue can be decorated very differently, to make your wedding as special as you want ? Even the people at the venue can keep you in the picture as to what the others are planning, so they can also help you to decorate the place in a style unique to you ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Playgirl | 2006/11/13

Magtig, my bloed het sommer begin borrel toe ek jou penarie hoor!

Wel, sê my eerstens waar wil julle trou, as dit in Kaapstad is het ek baie stunning venues.

Wel, amper dieselfde het met my gebeur, toe ek en my man op 'n venue besluit het, het my vriendien (wat nog nie eens verloof is) amper 'n aar gebars want sy wou ook by daardie venue trou, maar sy het nog nooit 'n woord vir my gesê oor die venue nie....

Boonop as ek en die girl in die winkels gestap het en ek sien iets mooi, het sy ALTYD gesê - OE JA dis PRESIES wat ek wil hê....meantime kan sy dit nie eens bekostig nie, en as ek dit koop moes ek altyd daarna hoor maar sy wou dit gehad het.

Toe het ek nou mooi geleer om maar liewers my idees vir myself te hou.

Wel, ek dink hierdie vriende van julle is wragtig nie die moeite werd nie, want hulle probeer beter as julle te wees. En boonop kan hulle nie eens vir hulle self dink nie - die wat sy jou blomme idee steel.

Needless to say, hierdie vriendinnetjie van my het ek totaal en al afgeskryf....

Reply to Playgirl
Posted by: Stem saam | 2006/11/11

Dit kan net 'n man wees wat so 'n onsensitiewe antwoord gee. 'n Troue is 'n baie belangrike dag in 'n meisie se lewe en sy wil he dat alles perfek en mooi en UNIEK moet wees. Ek kan verstaan waarom Verloofde ontsteld is en dink ook nie dat ware vriende so ongevoelig en traak-my-nie-agtig is nie. Wat ek wel kan se is dat dit die moeite werd sal wees om vrede te maak al is dit net ter wille van die aanstaande. Moenie dat een dag (al is dit hoe spesiale en groot dag) onmin tussen jou en jou beminde saai as dit eerder kan bly nie. Ek weet jou troue gaan pragtig wees en die dag gaan jy so besig en gelukkig wees dat jy nie eens kans gaan he om aan die ander paartjie te dink nie. Wat die wittebroodssuite aanbetref kan julle dalk 'n bietjie improviseer: wat van 'n kombers voor die kaggel? Of dalk is daar 'n borrelbad. Moenie jou blind staar teen die probleem nie - soek eerder na 'n oplossing en alternatief.

Reply to Stem saam

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement