advertisement
Question
Posted by: Carla van Rensburg | 2012/10/15

vreeslike maagkrampe en pyn in sy

Goeie dag, ek soek dringend raad...vir die afgelope maand en n half kry ek vreeslike maagkrampe dis partykeer so seer voel ek kan inmekaar in sak van die pyn. Sodra ek geeet het trek my maag saam aan die linker kant en dan lyk dit of daar n balletjie sit. As ek nie die krampe het nie is daar n gedurige ligte pyn in my linker sy, ek bly ook moeg. Ek was 2 weke terug by die dr, maar die siklus pille is nou woensdag klaar en die krampe en sy pyn is nogsteeds daar. Wat moet ek doen, want ek voel al skoon moedeloos.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Carla

Ek stel voor dat jy 'n gastroenteroloog vir 'n gastroskopie en kolonoskopie konsulteer. Intussen kan jy Gaviscon Plus, drie maal per dag, in kombinasie met Buscopan tablette te gebruik. Dit behoort van jou simptome te verlig, maar 'n konsultasie met 'n spesialis is nodig om die oorsaak te vind.

Groete




Dr Anrich

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: cecille | 2015/02/07

Ek is regtag opsoek na hulp, die pyn is vreeslik op my maag,sodra ek eet of iets drink(koud of warm) begin ek krampe kry,my maag spoel ook vreeslik. Dit voel of ek kraam,sukkel slaap vd pyn.

Reply to cecille

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement