advertisement
Question
Posted by: ale | 2004/11/02

Vreeslik maer

Ek is vreeslik maer my hele lewe deur en sukkel vreeslik om gewig op te tel - en indien ek doen dan verloor ek dit byna onmiddelik weer.

Ek weeg tans 55kg en is 1.70m lank. Baie mense sê dat weet ek hoe dit voel om aan die agterkant van die rak te begin klere soek - en dan vra ek of weet hulle hoe voel dit om aan vir voorkatn van die rak te begin klere soek - op die stadium dra ek die grootste kinderklere wat ek kan kry want die van die grootdames pas nie.

Wat kan mens gebruik om gewig op te tel en te hou. Iemand het genoem dat kortisoon jou laat gewig optel maar kan dit dan nie nadelige effekte hê nie??

Kan u asseblief raad gee - dit raak 'n baie sensitiewe saak aangesien ek by 'n Versekerings maatskappy werksaam is en dit bring mens in die verleentheid as almal altyd iets te sê het oor jou gewig.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ale, die beste sal wees om seker te maak dat daar nie iets verkeerd is nie (byv. ‘n skildklier probleem, ens.). Die beste sal wees om ‘n internis te sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement