advertisement
Question
Posted by: Kelly | 2004/10/22

vreemde voet infeksie

Raad asseblief!! My man het 'n vreemde infeksie op sy voete: sy voetsole is uiters droog en jeukerig, en die vel lyk asof dit in lae afskilfer. (Dit lyk glad nie soos athlete's foot nie). Die dokter het salf en antibiotika voorgeskryf, maar dit het net mooi niks gehelp nie, inteendeel die probleem vererger by die dag. Dit jeuk vreeslike en hy krap homself stukkend, wat pynlike infeksie veroorsaak. Ons het sy kouse en skoene behandel, hy gebruik daagliks voetpoeier en -sproei, loop soveel as moontlik kaalvoet, maar tot dusver kon ons niks kry wat help of selfs net verligting bring nie. Enige raad sal waardeer word! Dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Kelly, dit mag as gevolg kontak dermatitis of ‘n vorm van ekseem wees, maar dis moeilik om dit van hierdie kant van die skerm af te sê sonder om hom te kan ondersoek. Die beste sal wees om ‘n dermatoloog te sien en dit uitgesorteer te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement