advertisement
Question
Posted by: Lora | 2007/05/28

Vrae

1. Ek het gelees dat ook melk en eiers artritis vergerger - is dit waar?
2. Is dit waar dat maaskaas, feta en mozarella kaas minder slymproduksie veroorsaak, is dit omdat dit minder ryp is?
3. Is dit waar dat verfynde stysel meer vrye radikale vrystel?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lora
1 Melk en eiers behoort nie eintlik artritis te vererger nie, aangesien die 'n lae purieninhoud het. Puriene is verbindings wat veral in rooi vleis, lewer, niertjies en ander afval, ander vleis, vis, peulgroente en vleisekstrakte voorkom.
2 Die produksie van slym wanneer 'n persoon sensitief is vir melkprodukte ('n intoleransie) hand af van watter bestanddeel van die produkte die reaksie uitlok, bv 'n spesifieke proteïen. As 'n kaas bv nie die aangewese proteïen bevat, dan sal dit nie die reaksie in jou uitlok nie. Dit is altyd goed om jou te laat toets vir voedselallergieë om seker te maak dat dit wel voedsels (bv. melkprodukte) is wat die reaksie veroorsaak en nie ander allergene nie, soos grassade, stof, hare van diere, ens, andersins sny jy 'n hele voedselgroep onnodig uit
3 Voedsels stel nie vry radikale as sulks vry nie. Vry radikale word in die liggaam gevorm deur stres (blootstelling aan toksiene, sigaretrook, besoedeling, siektes, ens). Sekere voedsels is ryk aan beskermende stowwe soos vitamiene, anti-oksidante, minerale, fitonutriënte, ens, en dit beskerm ons dus teen die vry radikale. Verfynde stysel bevat min beskermende voedingstowwe en is dus nie so beskermend teen vry radikale nie.
Hoop dit help
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement