advertisement
Question
Posted by: Anon | 2007/12/20

Voete wat brand

Hi Dokter
Ek is 24 jaar oud en oefen gereeld (ten minste 5 keer 'n week). Dit help vir 'n klomp kwale wat ek het (meeste daarvan oorerflik): hoë cholesterol, hoë bloedruk, swak bloedsirkulasie (ek het Raynaud's syndrome) en depressie
My probleem is dat, wanneer ek klaar geoefen het, dit voel of my voete aan die brand is. Ek het geen idee wat dit veroorsaak nie maar my Pa kla van dieselfde (hy is 50 jaar oud maar hy oefen so te sê nooit)
Het Dokter enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Anon
Branderige voete kan veroorsaak word deur die druk wat op die perifere senuwees geplaas word ( mens kry dit baie by mense wat heeldag staan) of irritasie agv die tipe sokkies of skoene wat jy dra, vit B tekorte, diabetes en selfs skildklier probleme.
Jou dokter sal dalk 'n paar bloedtoetse moet doen om sistemiese probleme uit te skakel. Sorg dat jy net katoen sokkies dra, en neem vit B aanvullings, dra goeie oefenskoene wat die impak op jou voete absorbeer.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement