advertisement
Question
Posted by: ballon | 2003/12/18

voete loop op ballonne

My groottone het eers onder "dood" begin voel vir omtrent 3 maande. Daarna het die ander tone soos in oornag ook aan die onderkant doodgegaan. Dit voel dus permanent of ek op ballonne loop. As ek 'n bietjie lank geloop het word my voete se kussinkies ook baie seer en swel op. Dis egter nie pynlik nie net ongerieflik. Ek kry nou 3x p/w fisio en oefeninge vir my tone, enkels en bene, maar dit help nie. My dokter het gesê dit sal so 3-6mnde neem om te herstel, maar dan moes ek tog nou na 1 mnd al 'n effense beter "gevoel" begin kry het nie waar nie? Op vorige X-strale van my laer rug is daar volgens die Dr. wel van die kussingkies tussen die werwels wat "dun" is (as dit die regte woord is). Lê die probleem nie dalk daar nie en het ek dus nie eerder fisio vir my rug nodig nie. Ek vra maar net, aangesien ek al van my tienderjare rug moeilikheid het soos 'n spasma, wat dan weer met voltaren inspuitings en fisio na so 3 weke regkom.Baie dankie vir u hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ballon, dit mag wees as gevolg van ‘n senuwee probleem en dit hoef nie net die rugsenuwees te wees nie. Dit mag ook ‘n probleem in die senuwees vn jou voete wees. Jy kan probeer om eers ‘n anti-inflammatorikum soos Brexecam® en vitamien B (Neurobion®) te neem. As dit opklaar binne 7-10 dae nie, sal die beste wees om maar ‘n neuroloog te sien. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement