advertisement
Question
Posted by: Bienks | 2007/08/15

Voel net goor

Haai Dr

Ek het vir u so rukkie terug geskryf dat ek vir Kunsmatige Insiminasie gegaan het. Dit was die 27ste Julie. Ek het Donderdag die 9de Augustus begin "spot". Net n paar kolletjies. Ek het SOndag vreeslik begin naar word. Maandag middag het ek begin bloei. Maar nie soos altyd nie. Gister was dit n bietjie swaarder. Gistermiddag terwyl ek by die werk sit, het ek vreeslik gevoel. My hele lyf het uitgeslaan in sweet en gevoel of my kakebeen baie styf word. Ek was die heeldag ook naar. My maag was ook seer, maar kon nie presies voel waar nie... Meer aan die onderkant. Vandag voel ek n bietjie beter, maar nogsteeds baie naar en lighoofdig. Vanoggend toe ek opstaan, was dit net weer n paar spots. Wat kan dit wees? Het die Insiminasie miskien my hormone n bietjie omver gegooi? Ek is nie gewoond om so te voel nie en is baie frustrerend.

Se my asb wat U dink wat dit kan wees.

Baie dankie vir u tyd...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bienks
Dit kan hormonaal wees maar as jy dink jy is dalk swanger is dit dalk beter om die Gyne te sien want dan kan spotting dui op dreigende miskraam.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement