advertisement
Question
Posted by: Lienkie | 2007/06/13

Voel net goor 2

Haai Dok

Baie dankie vir U terugvoering oor die probleem wat ek het. Die feit dat ek pyn aan my regterkant het wat van my heup tot in my lies gaan.

Ek is baie bang vir dokters en wil nie gaan as dit nie nodig is nie. Die pyn is nogsteeds daar en nog steeds seer as ek urineer. Maar dis nie elke keer meer seer nie. Dis in die oggend as ek die eerste keer gaan en miskien nog n keer of twee deur die dag. Maar nie elke keer nie. Dis ook seer daar as ek skielik gaan sit nadat ek rond geloop het. Ek het op die internet gelees dat as dit nierstene is, kan jy jou nier beskadig. Die ding is ek het net my regter nier nadat ek my linker een vir my suster geskenk het. Is daar nog iets waarna ek moet oplet? My pynlevels is baie hoog, so iets wat vir iemand baie seer is, is weer nie vir my so seer nie. As dit my blindederm was, sou dit seker nou al erger gewees het? As ek op my maag in daai area druk is dit n lam pyn wat ek kry...

Ek weet nie wat om te doen nie... Dokter toe gaan sal my heel laaste opsie wees. Waarvoor kan ek nog kyk??

Baie dankie vir u tyd...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Lienkie
Vir iemand was so dapper was om 'n nier te skenk is jy nou baie skrikkerig vir die dokter! Gaan apteek toe en vra die suster daar (as daar een is) om jou urine te toets. As daar bloed of etterselle in is moet jy maar die dokter gaan sien - mens moet nou nie die een nier wat jy het verwaarloos nie. As dit iets soos blinderderm ontsteking is sal dit erger word en jy sal koorsig wees. Dit kan natuurlik ook 'n sist of iets op die eierstok wees. Ek dink jy moet vir jou 'n nice simpatieke dokter soek waarvoor jy nie bang is nie en wat jou nie sal boelie nie!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lienkie | 2007/06/13

Skuus Dokter

Wil net byvoeg, voel nog elke dag naar...

Reply to Lienkie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement