advertisement
Question
Posted by: Andries de Jager | 2008/02/03

Vlies wat oor oog groei.

Ek het vliese wat oor my oe groei. Ek was al by 'n oogspesialis, maar die naam wet hy daarvoor gegee het kan ek nie onthou nie. Die hoofoorsaak daarvan is skerp lig en stof.

Die vliese groei vanaf die hoek van my oog (van neus se kant af na pupil). Dit is ligrooi van kleur, maar sodra my oe geirriteerd raak, raak die vliese rooi en amper bloedbelope.

Kan jy vir my dalk die naam daarvan se, en ook waar ek meer inligting daaromtrent kan kry. Ook mense wat daarin spesialiseer om dit te verwyder.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Andries de Jager

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit klink soos 'n Pterygium. Indien dit baie rooi en geirriteerd raak, kan natuurlike oogdruppels soos Tears Naturale gebruik. Jy moet stof en skerp lig ten alle tye vermy en 'n sonbril dra.

Dit kan ongelukkig net deur 'n Oog Spesialis verwyder word en hy/sy sal jou meer inligting oor die prosedure daarvan kan gee.

Groete



Dr Anrich Burger


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Eugene Du Plessis | 2014/05/30

Dr Burger - hoe kan die vlies "Ptergium" verwyder word, kan dit sommer in n spreekkamer gedoen word

Reply to Eugene Du Plessis

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement