advertisement
Question
Posted by: Stress | 2006/10/25

"Vlak bloedklontjies"

Beste Doc,
Ek was gister by die dokter omdat my voet geswel was en ook my been met op knop op die kant van my binne voet. Die dr. het vir my vertel dat dit opervlakkige bloedklontjies is en dat ek nie daaroor bekommerd moet wees nie. Maar oor een of ander rede voel ek nie gerus nie. Ek is 36 het diabetes tipe twee en hoëbloeddruk. Ek is op Lisinipril 20mg vir die bloeddruk en op Sandoz 850mg vir die suiker. Ek drink ook 'n multivitamien vir vroue. Dr. het gesê ek moet so bietjie asperien drink.

Kan u asseblief vir my meer verduidelik wat die "vlak bloedklont" beteken en ook raad asseblief. (Ek is ook omtrent 50kg oorgewig)

Help asseblief!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Stress,

Met jou tipe probleem behoort jy in die sorg van ‘n spesialis te wees. Suikersiekte beskadig die klein bloedvatjies en senuweetjies, en enige beserings aan die voete bv., kan lank vat om te herstel, weens die slegte bloedverskaffing. Jy sal die enkel fyn moet dophou vir tekens van infeksie. Met jou geweldige oorgewig en hipertensie is jou risiko van komplikasies baie hoog.

Ek weet nie watter medikasie jy vir jou suikersiekte gebruik nie, want Sandoz is net die naam van die maatskappy wat dit vervaardig, nie die naam van die middel self nie.

Ek neem aan dat jou dokter voel dat in die oppervlakkige vene ( die sigbare blou are rondom die voet en enkel) daar ‘n bloedklont gevorm het. Daar kan verskillende redes hiervoor wees, soos ‘n geringe stamp teen die been, of ‘n insekbyt. Hierdie tipe klonte is gewoonlike nie gevaarlik nie, want hulle kom nie in die algemene sirkulasie nie. Maar as jou been ook hoër op geswel is, kan dit ‘n heel ander saak wees. As dit die geval is, of as jou been nie baie vinnig herstel nie, sal ek jou sterk aanraai om ‘n verwysing na ‘n spesialis te vra. Jy moet verkieslik by ‘n diabetoloog uitkom, maar as daar nie een beskikbaar is nie, moet jy ‘n internis raadpleeg. Oorgewig veroorsaak tipe 2 suikersiekte, so as jy enigsins gewig kan verloor, sal jy beter beheer oor jou suikersiekte kan kry, en sal ook baie van die komplikasies kan vermy.

Ek hoop jou been kom gou reg, en dat jy in elk geval onder die toesig van ‘n spesialis kom. Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Martin | 2014/11/13

Goeie dag, ek is n man van 46 en ongeveer 80 kg en 1,74 meter in my sokkies. Ek is nie allergies vir enigiets nie asook geen siektes soos hoë bloeddruk ens nie. Ek het ongeveer n week gelede n knop op my beennaby my maermerrie ontdek die middag nadat ek my kouse uitgetrek het wat bietjie styf gesit het en heel moontlik die knop veroorsaak het. Die knop het nognie weg gegaan nie en daar is heelwat water in die been, meer as in die ander been. So n dag nadat ek die knop ontwikkel het , het ek agter gekom dat my voet aan die binnekant effens blou geraak het en is steeds effens blou maar wil dit voorkom asof die blou minder word. Ek het verneem van n vriend dat dit n bloedklont is en wil net graag u opinie hoor hieromtrent en wat my te doen staan en is dit n gevaar vir my ? Baie dankie

Reply to Martin

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement