Our expert says:
DietDoc
Beste An
Ek is bly om te verneem dat jou beendigtheid so uitstekend vebeter het. Dit is vir my moeilik om te oordeel of jou vitamien D resultaat, laag is, want elke soort patologie laboratorium gebruik hul eie normale reikwydte vir elke biochemie toets wat hulle uitvoer. Jy sal dus 'n nuwe Boodskap vir my moet pos met die eenhede van die vitamine D resultaat (bv. mmol/liter of mikrogram/liter of per desiliter, ens) en die normale riekwydte wat die lab gebruik het. In die tussentyd kan jy elke dag vir 20 minute jou vel aan die son blootstel sodat jou liggaam sy eie vit D kan produseer. As ons almal dit sou doen, dan sal niemand aan 'n vit D tekort ly nie.
Vriendelike groete
DietDoc
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.