advertisement
Question
Posted by: Madeleine | 2003/02/17

Vitamiene aanvullings vir 14 mde oue baba

My dogtertjie is 14 mde oud en ons het haar onlangs getoets vir allergieë. Sy is allergies vir koring, soja en suiwel. Tot 'n maand gelede het sy sojamelk (Isomill formule melk) gedrink, maar ek moes dit noodwendig stop. Sy weier om enige ander hypo-allergeniese melk te drink, en drink dus net rooibostee en verdunde sap. Ek moet nou vir haar aanvullings gee soos vitamienes, minerale en veral kalsium aangesien sy dit nie meer uit die formulemelk kry nie en ook baie sleg eet. Ek weet egter dat mens te veel vitamienes ook kan inneem.
Wat sal die beste aanvulling wees om vir haar te gee?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Madeleine
Dit is nogal 'n kopseer as so 'n klein mensie sulke allergiee het en dan weier om die hypo-allergeniese melk te drink. Ek wil voorstel dat jy die kinder aanvullings (gewoonlik in die vorm van strope, bv Vi-Daylin, Kiddievite, ens)vir die vitamiene gebruik - vra jou apteker en se dat jy nie die kind te veel vitamien A en D (dit is die 2 vitamiene wat in die liggaam kan ophoop) wil ingee nie. Vir die kalsium wil ek voorstel dat jy elke dag vir haar 1-2 Caltrate koubare tablette gee. Sy moet ook omega-3 inkry en daarvoor kan jy haar 1 Salm Olie kapsule elke 3rde dag gee.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement