advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/07/15

Virus infeksie

Hi Doc.

My hart ritme bly maar 'n raaisel. Die EP Spesialis is van mening dat my hart-grote nog nie na normaal terug gekeer het nie en dat hierdie onreelmatigheid daarvan afkomstig is. Coralan is nie op hierdie stadium vir my 'n opsie nie, aangesien dit nie die probleem gaan uitsorteer nie.

Verder gaan dit goed met my. Ek worstel net vir die afgelope 2 maande met 'n virus infeksie. Ek het al 3 reekse antibiotika (Tavanic, Curam, nog Curam) voltooi en was gister weer vir bloedtoetse met simptome van: koorserigheid, lyfseer, geen slym of hoes, geen sinus. Die uitslae op gister se bloed:
streptocuccus: negatief
Witbloedtelling: verhoog na 11,7
dan het sy iets genoem van balans wat nie reg is tussen (jammer vir die spelling) limfosiete en nog iets wat dui op dalk 'n virus.

Dus help antibiotika nie, maar hoe kan ek van hierdie virus infeksie ontslae raak?

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Probeer ‘n immuun booster soos Moducare? Jy moet dit vir tenminste ’n maand gebruik
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: anxious | 2008/07/16

Cornel

As ek bo lees, lyk dit as jy die mees van die tyd goed is. As dit so is, is ek baie bly! Tenspyte van jou problem op die oomblik. Kan jy vitamiene of iets vat? Aangesien jy a ernstige hart probleem het, moet jy altyd jou dokter bel as jy ENIG iets wil neem, dit maak nie saak wat dit is nie.

Dink aan jou. Sterkte

Ek probeer my Afrikaans, maar vra nie vir my om moelike postings in Afrikaans te antwoord nie! Dit werk sommer nie!



Reply to anxious

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement