advertisement
Question
Posted by: Susan | 2004/10/21

Vir Beyond Tired

Verskoon die afrikaans, maar my engels is nie so goed nie. Dankie vir die bemoediging, ek het gelees wat jy geskryf het in 11984. Ek het terug gegaan na vorige dae na die goed wat jy geskryf het, as ek mag vra en dit nie te persoonlik is nie, wat het in jou verlede gebeur wat jou so vashou dat jy nie werklik kans sien om aan te gaan nie. Ek weet hoe dit voel om moedeloos te wees en ek weet dis nie lekker om altyd te kla nie, maar dis goed om te weet dat jy mense het wat jou ondersteun.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Susan | 2004/10/22

Ek sit hier stomgeslaan, toe ek jou antwoord gelees het op my stuk wat ek geskryf het (EK WEET NIE WATTER KANT TOE NIE), het ek geweet iewers is 'n slang in die gras. Ek het 'n groot ding met as iemand vir my sê hulle weet hoe ek voel. Ek glo daaraan dat as iemand nie deur iets soortsgelyk as jy is kan hulle nie weet hoe jy voel nie hulle kan net verstaan hoe jy moet voel en toe ek verder lees toe weet ek iemand sal nie so reageer as iemand met hul kind lol as hulle nie iets self was nie. Ek sukkel met daai selfde probleem ek gaan ook eendag trou en kinders hê, maar ek soek hulle nie naby my broer nie ten spyte van die feit dat ons nou okay is, ek soek hom nogsteeds nie om my te druk nie, maar dit gaan baie beter.

Jy weet ek kan nie help om te dink dat ten spyte van die feit dat jy al 'n hele paar keer probeer selfmoord pleeg het dat dit nie een keer geslaag het nie. Wil die Here nie dalk vir jou iets sê, soos bv. dat dit nie jou tyd is om te gaan nie. Ek weet nie hoe jy oor die Here voel nie en of jy in Hom glo nie, maar ek stem saam met Anon die Here sal nie iets jou pad langs stuur as Hy weet jy sal dit nie kan hanteer nie, ek het dit self al menigte male beleef. Ek het altyd gevoel dit wat in my lewe gebeur het is erg en ek weet nie werklik van mense wat deur erger is as ek nie, ek besef net weereens waarvoor ek moet dankbaar wees.

Ek het al baie oor die onderwerp opgesoek aangesien ek met kinders werk, en ek het so 'n paar jaar terug te doen gehad met 'n kind wat deur haar pa gemolesteer was en ek moes met die kind werk en ek het vermoed haar pa het haar verkrag ook, dit was vir my vreeslik om met so kind te werk. Dankie dat jy bereid was om vir my jou storie te vertel, jy is 'n besonderse mens, jy is deur so baie en tog bly jy staande.

Ek wil beslis weer met jou gesels, my ma bars kort, kort hier in my kamer in ek is besig om goed van die Internet vir haar af te trek so ek sal later weer gesels.

Reply to Susan
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/22

Hi Pete,
Ek het begin om ander kringe te meng. Glo my vry ek weet nie waar ek die mans ontmoet het nie, maar nou ja. Die twee wat my verkrag het bly in 'n "respectable" area en het jul ordentlik gelyk. Die ander was wat ek ontmoet het orals, my werk, my virende en my familie.......ek het nie die aantrekkings krag vir die verkeerde mans lyk dit my. Ek het weg gebly maar het nou 'n goeie ou ontmoet, hy se hy is baie lief vir my en pas my nogal goed op, hy is altyd daar vir my en ek hoop net die verander nie. Die verloofde wat my skouer verskeer het was nie so in the begin nie, of ek het dit net mis gekyk.

Ek weet ook nie alle mans is so nie, ek het net die geluk gehad om met die verkeerdes deurmekaar te raak. In elke plek waar ek ooit was, enige area het ek hulle ontmoet......

Dankie vir jou woorde.

Reply to Beyond Tired
Posted by: Pete | 2004/10/22

Meisie
Jy klink baie intelligent. Eerstens is ek nie meer trots op ons mansgeslag nie - en tweedens, waar die h*l ontmoet jy sulke ontoereikende mans? Toegegee, jy het nie 'n keuse gehad met jou ma se mans nie, maar begin deur jouself te bederf en so 'n rukkie nie met enige mans te meng nie. Beweeg dan in beter kringe en hopelik sal jy iemand ontmoet wat van jou hou oor jou glimlag, jou entoesiasme en jou aangename persoonlikheid - nie omdat jy aan die teenoorgestelde geslag behoort nie!

Sterkte - en pas jouself op.

Pete

Reply to Pete
Posted by: Anon | 2004/10/22

Hi BT
I have never heard a more sad story of an upbringing that must have been pure hell - you have brought tears to my eyes and have made me realise that i have so much to be thankful for. My heart really goes out to you and i sincerely hope that somewhere you can find the strength to try and make something out of it - you deserve it. Dont forget, god only dishes out what he thinks we can cope with and somehow, somewhere there WILL be some sunshine for you. Just keep your chin up.......
Thinking of you and wish you well

Reply to Anon
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/22

Hi Susan,
Daar het verskriklik baie in my lewe gebeur, hier is 'n verkorte weergawe:
- Verkrag op ses
- Pa het my vergeet (ouers geskei) - ek het tot agt uur die aand by skool gewag en toe kom haal vreemdelinge my, pa was uit.
- Ma het 'n ruk verdwyn en toe is sy getroud met 'n bliksem.
- Stiefma het baie baklei, ek was altyd in die verkeerd.
- Weg geloop toe ek nege was -- pa het my obviously a pakslae gegee, maar hy het my geskop - wat erg was.
- Probeer om self te hang -- het begin om myself seer te maak, "sexually".
- By Ma en Stiefpa gaan bly - het stiefpa vertrou, hy het met my gepraat en baie gehelp, toe begin hy my molesteer - dit was elke dag vir 5 jaar lank. Hy het foto's van my geneem die eerste keer, dit pla my erg.
- Ek is op 18 uit met 'n ou wat my geslaan het, tussen die bene, ek het gesmeek dat hy my nie verkrag nie, en hom geskop en so voorts, hy het nie, maar ek kon nie lekker beweeg daarna nie.
- Toe ek 17 was het Ma uitgevrae oor stiefpa en ek het haar gese, sy het by hom gebly, ek moes trek, by Pa gaan bly, maar hy moes eers toestemming vrae -- gevoel ek was net in die pad.
- Oordose pille gedrink, pa en stiefma het gedink ek is gesuip, ek so versmoor het as dit nie vir stiefbroer was nie.
- Op eie gaan bly toe 18 was want dit was "unbearable" by my Pa hulle
- Ek het baie gedrink en nie rerig omgegee vir myself nie, as ouens wou seks gehad het, het ek afgeskakel, baie kere baklei dat niks moet gebeur nie, nie altyd suksesvol nie.
- My een vriend het 'n pistool teen my kop gesit en gedoen wat hy wil, ek wou dood gaan.
- Toe vind ek iemand wat spesiaal was, en hy het stiefpa ontmoet en onmiddelik geweet daar is fout, ek het hom maar vertel. Ek is aangeval deur iemand by my werk en hy het gese ek soek daarvoor, ons sou getrou het, maar nou ja.
- Ek het weer probeer selfmoord pleeg maar iemand het my gevind en ek is hospitaal toe. Kort daarna is ek Denmar toe, ek was 21, het 'n saak teen stiefpa gemaak, die familie het teen my gedraai. Stiefpa het selfmoord gepleeg en Ma saamgevat. Familie blameer my nog -- sister haat my want sy mis my Ma. My Ma was 'n moeilike mens, het een keer 'n besem oor my kop gebreuk ens. Ek het ook gevoel soos die bediende in die huis daardie jare. Ek moes vir die 5 jaar, tot ek 21 was, nog my stiefpa soen groet en maak asof niks fout is nie, hy het nog aan my gevat, my gebel ens.
- Uit Denmar toe raak ek verloof, die man het besluit die tyd van ons troue dat hy liewers sou vakansie gaan hou met sy pelle, ek is nie genooi nie, dit was 'n man en sy vrou.
- Kort daarna, so drie weke later toe trou ek met my man, hy was nie lekker is sy kop nie, het my afgekrak tot ek nog minder van myself gedink het, toe gaan hy oor fisies toe, ek het hom geskei.
- Baie jare met 'n man gebly wat my finansieel vernietig het, ons het ook baie baklei, hy het my nooit geslaan nie, net my gewrigte omtrent afgebreuk, ek het nou probleme met my gewrigte.
- Toe is ek alleen, dit was wonderlik, maar ek het weer erg gedrink en dinge was rof.
- Hierna is ek eendag uit, deur ouens op getel en die twee het my verkrag, hulle het so gelag.
- Ek het toe my volgende verloofde ontmoet, hy het my geslaan, my skouer spiere is verskeur, ons is uitmekaar uit. Hy het terug gekom, my verkrag en gese hy sal altyd met my kan doen wat hy wil. Terwyl ons bymekaar was, was ek 'n "prisoner" in my eie huis.
- Toe ontmoet ek my kind se Pa, baie ordentlik maar ek is vir een of ander rede bang vir hom, ek het nie geweet hoe om nee vir hom te se nie, vriendin gevrae om nie te gaan slaap terwyl hy daar was nie, sy het, "the rest is history"
- Dinge het goed gegaan vir 'n rukkie, maar toe het die man, kind se Pa, my huis stukkie vir stukkie verkoop, ek het alles verloor, toe vind ek uit hy was al die tyd getroud, ek het so verneerdeerd gevoel. Ek was lank alleen met my kind.
- Sy het epilepsy gehad en ek het my doodgeskrik, sy is darem nou okay, hy Pa was geen hulp nie.
- Hierna is daar nog goed, Pa is dood, volgende verloofde het my ook mishandel, my probeer wurg, hy het my gevolg en harass, moes 'n "indictment" teen hom kry, hy het my lewe hel gemaak terwyl my Pa in die hospitaal gele het.
- My werk was besig met restructuring ook, dit was 'n warwoel, ek was nie op die lys om my werk te behou nie, ek het my gat afgewerk vir die plek, toe is ek weer belangrik, ons lewens was op hold vir amper 2 jaar. Toe ek hierdie werk gekry het, wou hulle my behou, maar ja. Ek het daardie tyd baie gedink om van die gebou af te spring, het nie want ek het 'n kind en verantwoordelikhede.
- Nou weet ek nie meer nie, my lewe voel so deurmekaar en ek is in a finansieele waarwoel weer, geen manier uit nie.

Toe nie so kort nie, jammer. Hoop die antwoord jou vraag, ek het nie 'n probleem om dit te deel met mense nie, miskien sal dit ander help om te weet jy kan deur baie gaan en oorleef. Daar is nog maar dit is nou genoeg.

Hoop dinge gaan goed met jou Susan, ek is hier as jy wil praat.

Reply to Beyond Tired

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement