advertisement
Question
Posted by: Deurmekaar | 2007/03/22

Verwys asb 1897-Spastiese dikderm

Dit voel soos die buitekantse spiere en wanneer ek my maagspiere hard maak, is die gevoel nog steeds daar. My maag gor nie en ek is nie winderig nie. Kalium en natrium is volgens my dokter reg.

Wanneer ek op my regterkant le, is die spiere erger seer. Die dik spier langs die kant van my been voel soms of dit so op 'n knop trek (amper soos 'n kramp). Die spiere in my voete voel asof dit los skeur van my voetsole en dan voel my voete dood. Ander kere weer kan ek nie op my hakke trap nie, so seer is dit. Nog 'n ander beskrywing vir die gevoel in my spiere is soos wanneer mens langs 'n vrieskas staan (daar krrrrr geluid)

"n Ander ding is dat die witbloedseltelling gewys het dat daar 'n infeksie is, maar my dokter het niks daaraan gedoen nie.

Ek hoop regtig dat u kan help, want dit gaan nou al seker vir 'n jaar so aan.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Deurmekaar
Ek dink dit sal die moeite werd wees om 'n rheumatoloog te gaan sien, jy het dalk 'n miositis of mialgie van een of ander aard - baie van die rheumatoloë is in elk geval ook gekwalifiseerde interniste - kyk op easyinfo.co.za onder Medical vir een naby jou. Vra jou GP om jou te verwys.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement