advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/11/30

Verwys: 2216

Ek het die stuk gaan lees wat Doc aangeheg het oor "fainting" en nou is ek eers verward:

1. Ek voel duiselig/lighoofdig, selfs al is ek net rustig voor my rekenaar (soos nou). Dit vererger nie as ek rond loop nie.

2. Ek het selfs die "depression" toets gaan doen wat vir iemand anders aanbeveel was en volgens die toets (-47,5) is ek net-net depressed, maar ek dink dis te verstane, want ek sukkel al vir maande lank met moegheid, het Ablasie gehad en gehoop dit sou moegheid verlig, en nou het ek die duiseligheid by gekry - ek was nie duiselig VOOR die Ablasie nie (3 weke gelede).

3. Ek het nog nie fisies "gefaint" nie, maar voel net die heeltyd duiselig.

Hoe kan 'n mens die Hemoglobien vasstel? bloedtoets?
My bloeddruk is gemiddeld 100/70 en ek gebruik Akrinor daarvoor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Dankie vir jou antwoord.

Ek beveel sterk aan dat jy 'n afspraak met 'n Internis maak, sodat hulle die nodige ondersoeke/toetse kan doen om vas te stel wat die oorsaak van jou konstante lighoofdigheid is, aangesien daar 'n magdom van oorsake hiervoor kan wees. Dit is egter vreeslik moeilik om aanlyn te probeer raak gee vir so 'n algemene simptomatologie. Hemoglobien word wel deur 'n bloedtoets was gestel en die Internis sal jou daarmee ook kan help.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement