advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/02/01

Verwys: 1993 & 2020

Ek was gister by GP en sy het aritmie met EKG opgetel (Atriale Fibrilasies) en het my verder verwys na Kardioloog. Sy het ook bloede aangevra: CRP, volbloedtelling, Elektroliede en yster.

My Cholestorol is hoog: 6,9 (fastend) met LDL 4,5 en HDL 1,3.

Ek gaan Maandag 'n stress-EKG en Echo laat doen vir Klepfunksie.

Sy is van mening dat ek terug moet gaan na EP wat Ablasie gedoen het sodat hy die moontlikheid kan oorweeg om maar 'n pas-aangeer in te plant.

Waar kan ek nalees oor die verskillende pas-aangeers? Ek is net 32 en wil nie 'n geclick in my ore voel of 'n knop iewers in my borskas nie. 'n ou Tannie het vir my vertel dat haar pas-aangeer rond skuif! dit wil ek ook nie beleef nie.

Enige hulp asb.?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cornel

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Pas-aangeers word gewoonlik onder die vel van die borskas ingeplant. Daarom kan dit voel asof dit rond beweeg. Ek stel voor dat jy eers wag vir al jou uitslae om te sien of jy wel 'n pas-aangeer nodig het, voordat jy begin bekommerd raak oor newe-effekte ens.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2008/02/01

Ek het vanoggend 07h30, hier by die werk, weer hartkloppings gekry en baie onreëlmatig! Het 08h00 20mg Sotacor en Florinef geneem. Nou, 4 ure later, klop my hart nogsteeds 8 per minuut "mis" en hartklop 80.

1 jaar gelede was AF nie so kronies nie en kon Sotacor dit weer in ritme kry.

Moet ek 'n ander beta-blokker probeer (was al op Tambocor - maak my mond stukkend, Concor laat bloeddruk te veel val, Rithmol werk nie en nou Sotacor lyk my werk ook nie).

Moet ek maar gaan vir die Pas-aangeer?

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement