advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/01/03

Verwys: 1953

Hi dok. Baie dankie vir die info.

Ek kry gemiddeld so 8-10 miss-beats per minuut en dit hou heeldag aan.

Ek was 12/12/2007 by Elektrofisioloog en ek moet hom weer in Junie 2008 gaan sien. My Kardioloog sien ek weer Maart 2008.

Die Elektrofisioloog het aan my verduidelik dat die Ablasie moontlik nie die probleem kon oplos nie, aangesien hy 3 van daardie sinus nodes gevind het en net die 1 kon vernietig. Daar is dus nog 'n ekstra een, maar hy kan nie aan hom raak nie, anders moet hy 'n Pasaangeer inplant en ek sien nie daarvoor kans nie. Ek is maar net 32 jaar oud.

Ek kan onthou dat hy iets van "Paramoxal Supra Ventricular Tachycardia" met episodes van 180 b.p.m. in sy verslag genoem het.

Is die PSVT enigsins gevaarlik, of is dit maar net 'n ongemaklikheid waarmee ek moet saam leef?

En die miss-beats. Is dit net irriterend, of is daar ook 'n gevaar daarin?

Ek moet sê, die wete dat ek 'n ASA het, 'n matige MVP en dan nog hierdie lastige onreëlmatige hartklop maak my soms angstig en depressief. Veral omdat ek konstant moeg bly.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Hoekom is jy bang vir die pasaangeer? Deesdae is hulle so klein en word onder die vel ingeplant. Die verstellings word elektronies bo-oor gedoen. Dit gaan dalk jou lewenskwaliteit dramaties verbeter. Hulle sit dit onder lokale verdowing in - 'n dun draadjie word deur die aar bokant jou sleutelbeen geryg tot in die hart, en die pasaangeer wat omtrent so 2-3cm in deursnit en omtrent 0,5-1 cm dik is (mens kry nog kleineres ook) word net onder die vel ingeplant. Die prosedure is nie lekker nie, maar meer ongemaklik as seer. Deesdae se pasaangeers is ook so oulik dat dit aanpas by hoe aktief jy is! PSVT is meer ongemaklik as gevaarlik maar as jy baie lighoofdig word of flou word of tekens van hartversaking kry (geswelde voete, benoudheid as plat lê) moet dit dringend behandel word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement