advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/12/04

Verwys: 1600/2216

Hi Doc.

Ek was gister by my GP. My bloeddruk was 120/80! Sy kon nie vir my verduidelik hoekom ek dan duiselig en moeg is nie. Sy is wel onrustig oor die onreëlmatige hartklop en is bang vir Bloedklonte omdat ek Aneurisme (ASA) het en het ECUTRIN voorgeskryf.

Ek het vanoggend gegaan vir vastende Lipogram, Glukose, Yster studies, TSH, VBT. Ek sal seker more die uitslae kry.

Sal laat weet.
Lekker dag!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Jy is ook deur soveel dinge die afgelope ruk - is jy nie emosioneel baie moeg nie? As al die bloed toetse OK is moet jy dalk kyk of jy nie ligte depressie ontwikkel het nie ( die emosionele spanning dreineer die liggaam se serotonien vlakke ) jy kan jouself toets op http://www.drhansdreyer.com/questionnaire.php
Laat weet my wat die uitslae is?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2007/12/05

Doc, baie dankie vir die liefde waarmee u al ons vrae beantwoord. Ek het so in my binneste gesmile toe ek u "reply" gelees het. Die mense na aan my weet dat ek nogal 'n "Control freak" is en als en almal wil beheer en ek het al baie "raas" gekry by my Kardioloog daaroor.

Ek het Jan. 2007 begin Kroonaar-spasma ontwikkel (Angiogram was gedoen, tipiese Angina pyne, maar skoon are) en ek is na 'n Sielkundige verwys wat Hipno-terapie gedoen het. Die oorsaak van die spanning: ek het in 'n kwessie van 2 jaar, 4 major operasies gehad: nood-Keiser (Jun 2005), Abdominale nood-Histerektomie (Sept 2005), Galblaas - Cholestelektomie (6 Sept 2006), ERCP om Galverstopping te herstel (11 Sept) en Atriale Fibrillasies (vanaf Des 2006) en toe vind ek uit dat ek die Mitraal klep probleem het - op 'n stadium het ek gedink dis 'n doodsvonnis, maar mettertyd agtergekom dis niks om oor te bekommer nie...

Die feit dat die Ablasie nie die probleem kon oplos nie (kry nogsteeds misslae) is 'n bietjie depressing, maar ek is selfs besig om daaraan gewoond te raak. Ek is ook geestelik 'n sterk mens en dit help natuurlik :)

Ek het die Depression toets gaan doen: SDS Telling: -38.8 (Normal) maar dis net omdat dit amper Vrydag is en my huis en kantoor vol Kersfees liggies is, dan kan 'n mens mos nie anders as om bly te wees nie :) Ek is seker ander dae kan ek dalk in die 40's rond kuier... Ek sal bietjie met myself gaan "praat" en kyk of ek nie die telling NOG laer kan kry nie... miskien gaan die moegheid/duiseligheid tog vanself weg.

Intussen het ek nog nie bloeduitslae terug gekry nie. Behoort more. Dan sal ek vir u vertel wat die uitslae was.

lekker dag!

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement