advertisement
Question
Posted by: Coro | 2004/10/26

Verward/Moedeloos

Ek is 'n baie positiewe en opgewekte persoon! Daar is baie dae wat ek wonder hoe moet mens nog ten spyte van alle negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur nogsteeds positief bly en smile en aangaan asof jy die gelukkigste mens op aarde is!

Ek het 'n punt in my lewe bereik waar dit voel asof ek nie meer weet hoe om met my omstandighede te deel nie.

Ek is 10 jaar getroud en dit voel asof ek en my hubby nie beskore is om geld te hê nie. Ek weet dit klink nou snaaks maar hoekom is geld so 'n probleem in ons huwelik. Dit veroorsaak geweldige spanning en stres. Ons is gelukkig getroud maar geld maak dat ons huwelik erg daaronder ly! *En dit voel asof ek net nie meer gelukkig is nie* Ons is met min tevrede in die lewe en vra nie baie nie en ek het 'n baie goeie werk en ek verdein 'n goeie salaris maar hubby het nog net bad luck wat werk aanbetref hy is altyd die een wat getrench of iets moet word! Dit voel party dae vir my daar rus 'n "vloek" op ons en dat alles soms net verkeerd loop en dit nou al vir 10 jaar! Ek meen ons het al soveel dinge probeer om 'n beter lewe te lei maar alles flop!

DIt voel vir my of ek my goedjies kan pak en net verdwyn en 'n nuwe skoon lewe van vooraf begin! *Wat natuurlik simpel is want jy moet jou probleme face en aangaan*

Vriendelike groete!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Good responses from marconi_love and Coro. Thought of counselling to sort out your feelings about this situation ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Coro | 2004/10/27

hmmm..duidelik tik ek maar half vandag!

Ek het regtig al baie ingesit in ons huwelik dit is nie dat ek op die kantlyn staan en my handjies in onskuld wil was nie! Daar was tye wat hy nie werk gehad het nie wat ek by hom gestaan het en saam met hom daardeur gewerk het! Ek het sover gegaan om hom elke maand my bankkaart te gee, sodat hy darem nog kon voel hy is hoof van die huis. Dan besef ek na alles hy hanteer my soos 'n vloerlap! En dan wonder ek is alles die moeite werd!!??

Reply to Coro
Posted by: Coro | 2004/10/27

Skuus nog iets wat ek wil by las:

Hulle sê geld koop nie geluk nie, ek het al lankal my siening ook rondom dit verander! Soos jy sê Marconi daar is soveel wat mens saam as gesin kan doen as jy darem 'n ietsie ekstra in die bank het om dinge naweek ens. te doen!! Ons was 8 jaar laas met vakansie!! Met my verjaarsdag het hy dan nie eers vir my 'n ou klein ietsie gekoop nie, al het hy net vir my 'n blommetjie gegee dan sou ek dit regtig waardeer het!! Dit is in elk geval al die 3de jaar wat ek niks van hom af kry nie!

Dit mag dalk klink asof ek baie geldgierig is maar ek belowe jou ek is glad nie! Ek is met baie min tevrede in die lewe!

Reply to Coro
Posted by: Coro | 2004/10/27

Tx Cybershrink, what is the procedure?

Dankie Marconi.

Ek moet sê dit wat jy vir my sê maak geweldig sin! EK het op 'n stadium gedink dat my redenasie vermoeë en denke is verkeerd omtrent my hubby en hoe ek begin voel het! Daar is 'n paar punte wat jy uitwys wat regtig sin maak vir my!

Groete

Reply to Coro
Posted by: marconi_love | 2004/10/26

Hmmmm jy klink baie negatief al. Dit is soos ek gese het. As dit n mens begin pla dan beteken jy kan nie meer nie.
Die lewe is snaaks........ Die druk wat jy het op jou is eintlik die druk wat jou man moet he. Dit lyk nie vir my of dit hom pla nie. Jy moet begin na jouself kyk. Jy het regte in die lewe om jou eie spaar rekening te he. Jy het regte om vir jouself goed te koop. Dit werk so.
Jy koop die nodigste goed vir jou en jou dogter. Jy begin ophou om jou man te sponsor met enige finansies. En so stadig moet hy begin verantwoordelikheid neem. Ek weet nie eintlik wat om voor te stel nie want ek ken nie jou situasies nie. Al wat ek kan se is, jy kom agter hoe baie jy insit,,,,,maar niks ontvang nie. En as jy na die helle situasie kyk besef jy, dit is nie meer vir jou n opsie nie. En dit is hoe die lewe is.
Almal se die lewe gaan nie om geld nie, maar geld bring geluk en blydskap in die huis in. Geld skep lekker tye saam vir die familie soos kamp, alal fliek venaand, ons gaan berg klim ect ect. As jy die goed saam doen as n famillie bring dit binding en sterk bande. Maar as dit nie daar is nie, hoe kan jy die binding en liefde ontwikkel.
As n man sy famillie gereeld weg neem vir n naweek. Sy vrou op die hande dra en nou en dan haar verras met n nuwe top of wat ook al. Dan wil sy tog n goeie vrou wees vir hom. As hy altyd by die huis is en goed is vir haar wil sy goed wees vir hom.
Dit beteken as die prioriteite van n huis in plek is, sal daar altyd liefde en respek wees in die huis. En dit vorm die volmaakte geluk in die lewe. En daarvoor het jy geld nodig, en die regte een moet dit inbring om die respek wat jy as mens vir mekaar moet he te behou.
As ek moet eerlike wees, dit is duidelik dat die priotiteite van jou man nie agter mekaar is nie. Die gevolke is verbrokeling van die huis. En jy as vrou kan hoe hard agter hom staan en probeer dit aan die gang hou. Dit vat net tyd dan breek hy dit af omdat jy as vrou nie respek vir hom kan he nie. En die feit dat jy nie respek het vir hom nie, is heeltemal normaal vir die samelewing.

Voorspeod

Reply to marconi_love
Posted by: Coro | 2004/10/26

Dankie vir jou inset Marconi.

Ek is regtig al so baie deur saam met hom dit voel vir my ek dra hom nog al die jare finansieel! Wanneer kan die wiel bietjie draai en hy vir MY begin sorg. Ek weet mans sê altyd 'n vrou is net agter hulle geld aan. Ek stem natuurlik glad nie daarmee saam nie veral nie in my geval nie! Hulle sê vir better or for worse en dit voel vir my dis net worse!!

Ag daar is so baie dinge wat ek nog kan noem wat hy al aangevang het ens., maar die vrou moet moes daar vir haar man wees hom bystaan ens. maar ek het regtig my limiete bereik! Ek is nog lief vir hom maar dit raak net moeiliker vir my dit voel asof ek nooit vooruit sal gaan saam met hom nie! Dit gaan seker maar oor jammerte en ons het 'n dogtertjie van 5! So ter wille van haar hou mens maar uit en wees positief!

Reply to Coro
Posted by: marconi_love | 2004/10/26

Dit is die ergste ding wat met n mens kan gebeur...... Ek besef waardeur jy gaan en dit is moeilik. Ek is n man en was 10 jaar getroud en is nou gesky. Ek het in my getroude lewe verskriklik gewerk. Ek verdien n selaris wat alles voorsien het. My gewese vrou het ook gewerk maar het op daardie stadium maar net so R2500 verdien. EK het by my werk tot 50 ure n maand oortyd gewerk net om alles te dek. En dit het vir my gelyk asof dit te min bly. Hoe meer ek werk hoe meer geld is nodig vir die huis.
Dit het sover gegaan dat ek begin ophou exstra ure werk. Ek het heel temal belangsteliing begin verloor in voor uitgang en om meer geld te kry. Ek het ophou belangstel in die huis my vrou en alles. Ek weet nie waarheen die geld gaan nie, maar dit was altyd dit en dat wat nodig is. En dan word dit so voor jou gegooi asof jy nie n keuse het nie. Dit moet net petaal word.

Vandag is ek gesky en word gedurig gedag vaar vir meer onderhoud. Ek is nog nie van haar ontslae nie. Sodra ek iets koop soek sy meer geld. Gelukkig is daar wette wat n mens tog tot iets toelaat. Ek leef my selaris vol met my onderhoud wat ek petaal. Maar niemand kan my oortyd en bystrand geld vat nie. Dit is nie n gewaarborgde inkomste nie. So ek skor so helle paar rand elke maand wat niemand kan vat nie.

Maar ja, jy as mens wil vooruit gaan en dinge bymekaar maak. Maar dan is daar die ander wat soos suiers aan jou sit en net wil he...... Ek besef dit is jou man, en jy is lief vir hom. Maar as jy tekens begin toon van moeg word. Is dit n teken jy kan amper nie meer nie.

Reply to marconi_love

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement