advertisement
Question
Posted by: sue | 2007/05/31

Verward

Ek wil graag weet hoekom is daar soveel verskille in dieetriglyne.
Ek het die volgende in tydskrifte gelees en elkeen het die naam van 'n dieetkundige daaraan gekoppel:
* Die meeste koolhidrate moet van groente en vrugte afkomstig wees.
* Moenie saans koolhidrate eet nie, dan smelt die vetjies sommer weg.
* Eet slegs soggens graan (kitspap, mieliepap, oats) en die res van die dag net slaai en groente met 'n protein. Twee vrugte word toegelaat.

Hoe nou?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sue
Ek stem saam dat die publiek dikwels verward kan word deur teenstrydige advies wat in die media gepubliseer word. Dit is 'n goeie idee om baie groente en vrugte te eet, maar jy kans steeds ook ander koolhidrate eet. Die storie dat jy nie saans moet koolhidrate eet om gewig te verloor, is nie gegrond op wetenskaplike feite nie. Die laaste stelling is ook nie akkuraat nie. Die veiligste is om 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet te gebruik wat al die voedselgroepe insluit (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan) en dit te kombineer met daaglikse aërobiese oefening vir 30 min of langer (stap, hardloop, swem (verwarmde swembad nou!), ry fiets, spring tou, sluit aan by 'n gimnasium of Walk for Life), as jy wil gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement