advertisement
Question
Posted by: *** | 2003/03/14

Verstaan nie???

Hello Dokter,

Waarom kan dit 13.5 tot 15 maande vat om swanger te raak? Ek sukkel om te verstaan dat daar gesonde paartjies is wat so te sê dadelik swanger word en dat daar gesonde paartjies is wat `n jaar vat? Wat is die verskil? Almal se liggame werk op dieselfde basis en as twee paartjies albei op `n gereelde basis “probeer”, kan ek nie verstaan dat daar so `n groot verskil is nie?

Sal Dokter asseblief vir my verduidelik......of is daar nie eintelik `n antwoord nie omdat dit nie in die mensdom se hande is nie?

Baie, baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

***, die Here het ons nie soos Toyotas gemaak nie en elke persoon is uniek. Die syfers wat ek kwoteer het is statistiese data wat oor die jare bymekaar gemaak is. Jy moet onthou dat daar vir elke paartjie wat binne 3 maande swanger word ook ‘n NORMALE paartjie is wat meer as twee jaar geneem het om swanger te word. Jy moet ook onthou dat mense maar jok oor hoe lank dit hulle geneem het om swanger te word. Dis nou maar deel van mense om nie ander te vertel van wat hulle as ‘n swakheid sien nie.
Ek sou in elk geval niks doen voordat julle vir ‘n jaar probeer het nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement