advertisement
Question
Posted by: Lollapot | 2003/12/05

Verstaan die werk nie

Ek wonder nou al lank oor 'n paar goed en ek dink julle sal my eerlike antwoorde kan gee. Ek ken twee mense wat getrou het (nie met mekaar nie) omdat die een swanger was en die ander een na 'n nag van passie (one night stand) gehoor het hy is pappa. Albei huwelike is/ was natuurlik n fiasko, in die een is daar n affair met n derde getroude party en hulle verdra mekaar maar net in die huis, "vir die kind se part" (kinders is nie stupid nie!). Ek het die twee geken voor die kind en ek het gedink hulle is lief vir mekaar, hulle was van plan om te trou?

Die ander geval is nou in die skeihof. Hy het met haar getrou omdat dit die "regte ding was om te doen". Maar wat in die hart is, is mos wat die hardste praat en syne het aan 'n ander behoort. Hy het hard probeer ek weet, ek moes baie troos en moed inpraat.
Nou my vraag is; as mens weet dat jy iets nie moet doen nie' hoekom doen jy dit, wie se gewete sus jy?
Bv Dit is mos nog n skande in party kringe om swanger te raak voor die papierwerk gedoen is, of as die baba nie die pa se van vat nie.
En sal jy vir iemand sê dat hy die pa is as hy nie is nie, omdat jy dink hy sal n goeie pa wees vir jou kinders (die swangerskap was nie jou eerste keer in die posisie nie. Die vorige troue was ook 'n moes trou). Ek het die vermoede omdat die datums nie so lekker uitwerk nie, maar ek kan niks doen nie, ek is net n vriendin.
Verduidelik asseblief want ek is iemand wat seker te veel met my hart leef, hoe lieg mens vir jouself en hoe leef mens 'n leun. Is dit nie vreeslik vermoeiend om so te lewe nie en is dit die moeite werd op die ou end?
Hoeveel skade rig julle nie aan mekaar aan as die dinge gebeur nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Lollapot, AMEN! when you say "kinders is nie stupid nie!. " As for why people do what they know is wrong, well, maybe because adults often are stupid ? let's see what our regulars have to say, later.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Mona | 2003/12/05

Ek dink hulle het die regte ding gedoen om te trou toe die vrouens swanger was. Ten minste het hulle probeer om vir die kinders 'n normale huis met ma en pa te gee. Wie sou nou weet dat dinge nie gaan uitwerk nie?? Hoeveel mense skei wat getrou het vir liefde en nie omdat hulle swanger was nie? Net so veel. So dit help nie om vingers te wys nie, dit is nou te laat, hulle het probeer, koppe gestamp, en moet nou aangaan. Ek dink hulle voel sleg genoeg, so al wat jy kan doen is om 'n vriendin te wees en te help waar jy kan.

Reply to Mona

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement