advertisement
Question
Posted by: Dikkes | 2004/01/10

Verloor van gewig

Ek is 45 , manlik 1.78m en weeg 98kg.
Ek wil graag gewig verloor en het die afgelope week begin deur van Maandag tot Vrydag 5km per dag ( 50min ) te stap. Geen alkohol en koffie en koeldrank beperk tot minimaal en redelik baie water.Ek eet vir ontbyt Jungle Oats en deur die dag 'n verskeidenheid vrugte en somtyds rou groente( redelik baie )en dan 'n aand-ete wat sover minimale rooivleis bevat het.
Ek gaan hiermee volhou totdat ek ±85kg weeg Ek reken dit sal so tot einde Maart of April duur.
Wat is u opinie ?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Leser
Tans is jou BMI = 30,9 (die reikwydte vir normale gewig is tussen 18 en 25) en ek stem saam dat jy behoort gewig te verloor en 85 kg is 'n goeie mikpunt (dan sal jou BMI = 26,8) - om binne die normale reikwydte te val, sal jy nog 'n bietjie moet verloor tot by 79 kg - maar doen dit stap vir stap. Die feit dat jy elke dag gaan stap is wonderlik - soos jy gewig verloor en meer gewoond word aan stap, kan jy geleidelik vinniger stap (50 min per dag is tydsgewys heeltemal voldoende). Jou dieet lyk redelik, maar ek is bietjie bekommerd oor die feit dat dit sekere essensiële voedsels uitsluit, soos bv. vet-vrye melk vir die kalsium. Kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld van 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel dieet wat jy as alternatief kan oorweeg.
Sterkte met jou program
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement