advertisement
Question
Posted by: Hartseer | 2004/02/25

Verhouding na baba se koms

Ek en my man is 10 jaar getroud. Ons het gedink dat ons nie kinders kon he nie. Het daarby berus, in alle geval wou ons nie kinders he nie. My man is 'n baie standvastige persoon met goeie morele waardes gewees. Hy het altyd gese dat hy nooit in 'n verhouding betrokke sal raak nie en ek weet dat hy nie die tipe persoon is nie

In 2002 het ek ontdek ek is swanger. My man het nooit gese dat dit hom pla nie, maar ek kon sien hy is nie opgewonde nie. Hy het niemand vertel dat ek verwag nie. Na die baba se koms het hy hom onttrek van ons. Hy het wel gehelp in die huis, maar gladnie met haar "gebond" nie. Hy se hy voel 'n plig teenoor haar, maar weet nie of hy vir haar lief is nie en weet ook nie op hy kans sien vir die verantwoordelikheid om 'n baba groot te maak nie. Hy sien 'n sielkundige en sy het ADD by hom gediagnoseer.

'n Vriendin van ons se man is in 2002 oorlede. Ons het haar probeer ondersteun en my man het haar baie gehelp. Einde verlede jaar het ek begin voel dat hy te veel tyd daar spandeer en met 'n skok ontdek dat hulle 'n verhouding het. Hulle het dieselfde stokperdjie.

My man het besluit om die huwelik weer 'n kans te gee, maar sy het hom bly kontak. Vir 2 maande het ons probeer, maar toe besluit dat hy moet uittrek. Hy kom nie sover om uit te trek nie en 'n week gelede het hy die verhouding verbreek en die huwelik weer 'n kans gegee. Volgens hom was hy 100% seker die verhouding kan nie werk nie. Sy het hom egter weer gekontak en hom vertel dat ek haar bel ens. wat ek nie doen nie. Hy glo my egter. Hy het weer die verhouding hervat, want hy se dat sy hom soos 'n mot na 'n vlam trek. Hy erken hy het 'n opsessie met haar.

Nou het hy besluit om op sy eie met vakansie te gaan om te kyk of hy homself kan uitsorteer.

My bekommernis is sou hy terugkom, sal hy kan hou by sy besluit? Kan iemand so maklik van 'n opsessie ontslae raak?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Dear Hartseer,
He sounds confused and contradictory, but if, as he keps saying he wants his relationship with you to be the real one, and to sort things out, it is absolutely obvious that he is incapable of doing this on his own --- surely he owes it to you to join you in marriage counselling, to enable you both to better understand what's ben going on, and to have the best chance of sorting things out ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Woman | 2004/02/26

Vergewe my as ek sarkasties klink, maar ek voel die man moet maar die pad vat. Julle baba is die beste ding wat met enige mens kan gebeur, en as hy nie op hierdie stadium sy prioriteite kan regkry nie - dan is jy beter af alleen.
Ek dink nie jy wil die res van jou lewe wonder of die man regtig by jou wil wees, of net vir die onthalwe van jou dogtertjie by jou is nie.

Geniet die wonderlike geskenk wat jy gekry het - en leef elke oomblik vir haar. As jou man nie jou visie deel nie, gaan aan met jou lewe.

sterkte

Reply to Woman
Posted by: JC | 2004/02/25

Leiwe Hartseer, ek voel saam met jou. Hy het sy belofte gebreek, en nou wil hy die ander vrou blameer. Ek hoop hy kan syself vind wanneer hy met vakansie gaan, en dat julle van voor af kan begin. (ek hoop net hy gaan rereig alleen en die "ander vrou" gaan nie saam nie).
Alles van die beste en wees sterk

Reply to JC

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement