advertisement
Question
Posted by: martie | 2006/11/06

Vergrote aorta

My ma is tans 76 jaar oud en die dokter het aan haar bevestig
dat sy n vergrote aorta het, die dr het n operasie voorgestel maar sy wil nie aangesien dit blykbaar n baie groot operasie is
wat is die prognose . indien sy nie gaan nie

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Martie,

Baie sal afhang van die oorsaak van die vergroting. Die gewone “vergroting” is ‘n Aneurysme van die abdominale segment van die aorta. Hierdie toestand word veroorsaak deur ‘n verdunning en verswakking van die aorta-wand, wat dan begin dilateer soos die uitblasing van ‘n swak plek op ‘n binneband. Die onderliggende probleem in hierdie toestand is gewoonlik aterosklerose. Die gevaar van die toestand is dat die swak plek skielik kan bars, veral met hipertensie. Sou die gebeur, sal die meeste pasiënte dit nie oorleef nie.

Vergrote aortas word noukeurig gemonitor via gereelde ultraklank ondersoeke. Sou die grootte skielik verander, of, wanneer die aorta-deursnit 5.5cm oorskry, word chirugie voorgestel, want op daardie stadium is die risiko van ruptuur meer as die risiko van beheerde chirurgie………..vir die algemene pasiënt, dit is. Maar as jou Ma ander onderliggende siekte het, mag haar operasie-risiko meer wees.

Ek sal julle aanraai om die die hele saak met ‘n vaskulêre chirurg te bespreek, om ten volle ingelig te word. As al die feite bekend is, sal julle beter oor die saak kan besluit.

Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement