advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/11/20

Verdere skrywe...

Hi HeartDoc

Dankie weereens vir die pos.

Ja, dit is darem my laaste eksamen vir die jaar, maar nog nie die laaste vak nie. Ek het nou eers klaar geleer vir Biologie en dit is al 22h43. Hoop maar ek sal goed doen :-)

Dokter, my pa is vandag weer af S.A. toe vir besigheid. Ek het so rukkie terug met hom gepraat en hy het vir my gesê dat hy bietjie duiselig was op die vliegtuig, maar dat daar ook wel turbulensie was met die opstyg in Windhoek.

Kan dit moontlik 'n gevaarteken van die hart wees of is dit heel waarskynlik maar net die uitwerking van die vlieg op die liggaam? Ek is alweer so gestres omdat ek dit gehoor het en dit is vir my baie erg dat my pa nou selfs weg is waar ek nie kan kyk dat hy o.k. is nie. Daarom het ek dit in God se hande oorgelaat en ek weet hy sal sorg :-) Pa gaan weer vir 'n hele week daardie kant wees.

Dankie vir al dokter se ondersteuning - dit help my regtig baie en motiveer my grootliks. Ek waardeer dit baie.

Groete
Morne

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Morne,

Nou ja, dit is ‘n interessante vraag. As die kajuitlugdruk goed beheer word, behoort Pa nie probleme te hê nie, maar onthou dat die druk en luggehalte in ‘n vliegtuig nie soos op seevlak is nie. Enige persoon met ‘n onderliggende hartprobleem kan dus kortasem of lighoofdig word. Veral in kleiner vliegtuie. waar die drukbeheer nie so goed is.

Ek hoop die eksamen het goed verloop, en dat Pa veilig terug kom, en sommer baie beter voel. Ook dat die mediese fonds storie uitgesortee sal word. En, ja, los die res in Hoër hande – Hy wee twat Hy doen.

Groete,

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement