advertisement
Question
Posted by: SKY | 2003/01/06

VELLE

Ek is 30 het het 2 kinders, 11 en 3. My maagspiere is relatief styf en hard, maar daar is velle, sowat 1.5cm dik oor my maag. Ek kan nie daarvan ontslae raak nie. tuis oefeninge soos sit-ups lyk nie of dit wil werk nie. Ek woon op 'n plaas ver uit die stad en kan nie gaan gim nie, dit is ook te gevaarlik om te gaan stap of draf. Wat kan ek doen om op te 'shape', ek wil ook my beenspiere 'n bietjie stywer kry, maar die velle is my groot probleem. Ek weeg 64kg en is 1.63m lank, ek dra 'n nr. 10-12 broek, maar sal sowat 10-15 kg vet wil verloor. Help asb.













Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Sky
Tans is jou BMI=24, wat net onder die boonste vlak van normaal is. Om jou ideale BMI van 22 tebereik behoort jy 59 kg te weeg, dus hoef jy net 5 kg, en nie 10-15 kg, te verloor nie. Ek wil voorstel dat jy minder vet inneem om daardie 5 kg te verloor (kliek op 'Diet' en 'Weight Loss' en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld van 'n lae-vet dieet). Hierdie velle is waarskynlik veroorsaak deurdat jou vel gerek het tydens jou swangerskappe. Jy kan by FitnessDoc aanklop en vra vir 'n tuis-oefenprogram wat hierdie probleem areas bewerk, of indien dit nie help nie, sal ek voorstel dat jy by 'n goeie skoonheidsalon behandeling kry wanneer jy wel stad-toe kom (indien wel).
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement