advertisement
Question
Posted by: Maggie | 2007/08/06

Vel jeuk en koue

Vir die laaste paar weke het ek 'n probleem met my vel wat vreeslik jeuk! Ek smeer olies en my vel lyk nie skurf nie, maar ek krap myself al stukkend soos ek jeuk! veral op my bene!

Wat kan dit dalk wees?

die ander simptoom wat ek met myself moet saam dra is ongelooflike koue! my bene veral raak 'n verskriklike ysblok en maak nie saak hoeveel komberse, klere ek aantrek nie, vir die tyd wat my lyf so koud is kan ek net nie liggaamshitte kry nie. Ek is dan nie koorsig nie (inteendeel, temp is 35.5)

Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Maggie
Probeer Vit B 3 aanvulling vir die sirkulasie - dis waarskynlik ook die rede vir die jeukende vel. Ander raar oorsake is lewer of nier probleme, skildklier probleme, bloed siektes, geelsug, ekseem, allergiee. Laat jou dokter kyk as dit nie beter word op die vit aanvulling nie?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ria | 2013/08/04

Ek kry baie gou koud en dit is asof my liggaam nie sy hitte behou nie . Winter is regtig baie sleg vir my ,my hande en voete is altyd yskoud,nie blou nie,net koud. Wanneer ek in die more opstaan is ek warm,maar teen die tyd dat ek klaar koffie gemaak het en weer terug is in die kamer is my hande klaar koud.. My lyf pyn ook wanneer dit so koud is. Ek trek laag op laag klere aan in die winter! Somer tyd is wonderlik vir my ,maar net soos ek koud kry,sweet ek net so gou in die somer,wanneer dit warm is. Ek is 1.63m lank en weeg gemiddeld 60kg en ek is 48 jaar oud. Redelik aktief,ry pad en bergfiets en roei.ook in die somer..Lief vir stap en enige oefening. Drink my vitamien aanvullings,maar ek is hoogs allergies vir JODIUM.2 skildkieroperasie gehad,veder is ek gesond. Wat kan dit wees dat ek so twee uiterstes het winter en somer.?

Reply to Ria

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement