advertisement
Question
Posted by: Jackie | 2004/01/23

Varkhond verloor hare

Ons (opregte) varkhond het 9 weke gelede 10 kleintjies gehad, waarvan 8 oorleef het. Ons moes die kleintjies weg vat van haar af reeds op 4 weke. Hulle het haar stukkend gekrap en sy het hulle aan hulle ore begin knyp met haar tande, sodra hulle aan begin drink. Sy het al slegter begin lyk, tot ons die kleintjies weg gevat het, en haar op 'n spesiale dieët gesit het (ontbyt: eier & melk aandete: hoenderlewer & rys). Sy lyk weer goed, die enigste probleem is dat sy nogsteeds hare verloor. Sy het nou al so baie verloor dat jy op plekke slegs haar velletjie sien, en dit lyk nie of daar nuwes weer uitkom nie. Haar kombersies is elke dag vol hare. Wat veroorsaak dit, en wat kan ons doen om dit te verhoed, en wat kan ons haar gee om haar hare weer te laat terug groei. Sy is spierwit.
Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dis moeilik om 'n akkurate anwoord te gee. Hormonale veranderinge en dieet wanbalanse mag 'n rol speel, sowel as sekere myt infeksies. Sy behoort 'n meer gebalanseerde dieet te eet, veral 'n goeie komersiele dieet (hoewel ek seker is die kas wat jy gee is heerlik vir haar!). As dit nie gou verbeter nie, gaan sien eerder jou veearts vir 'n spesifieke diagnose. Ek kan maar net raai, sonder om haar te sien.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement