advertisement
Question
Posted by: Anso | 2003/01/30

Urticaria - kronies

My vrou het vir die afgelope 8 maande reeds ernstige Urticaria. Was al by dermatoloë, Interniste, Oor neus en keel spesialiste, Homeopate en GP's. As sy nie kortisoon gebruik nie is dit so erg dat haar lippe en keel opswel. Uitslag is oral op haar lyf en jeuk onophoudelik. Sy eet die afgelope tyd slegs brood, vleis met sout, water en kafiënvrye koffie - dit help niks. Sy is 'n depressielyer en 'n roker. Kan u ons in kontak sit met Prof H F Jordaan wat op die werf inligting verskaf hieroor ? Ons is totaal raadop en soek dringend hulp !!! Die dokters wil vir ooglopende redes nie meer kortisoon voorskryf nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anso, stuur vir my die webadres waar jy die inligting gekry het, en ek sal kyk of ek kan uitvind wie prof Jordaan is. Jy kan my e-pos by netdoc @mweb.co.za of die adres as ‘n nuwe vraag pos. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anso | 2003/02/03

Dankie dat jy terug gekom het. Die webwerf is Mweb se eie webwerf onder a-z of diseases gaan onder "U" en kies urticaria waar jy die interresante inligting sal kry. Ons wil dringend graag met hierdie Prof H F Jordaan wat die inligting versakf in kontak kom. Ons het ook al Homeopatiese medisyne probeer maar dit het haar uitslag die ergste nog gemaak. Daar is egter 'n Homeopaat wat homself uit Indië bemark onder Urticaria.com maar ek twyfel bietjie daaroor? Ek begin al maagsere ontwikkel van die kortisoon en moet regtig dringend hulp kry. Help asseblief !!!

Reply to Anso

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement