advertisement
Question
Posted by: Nannie | 2006/11/08

URGENT!!!!! Lupus

Hi

My dogter van 16 is 4 dae terug in die hospitaal opgeneem en volgens die dr's het sy lupus (nie die lewensgevaarlike een nie). Sy het egter 'n rooi uitslag wat nie wil weggaan nie al het sy tot vandag nog antibiotika, drip en kortisoon ontvang. Wat baie vreemd is is dat dit lyk of die uitslag verminder sodra sy stil sit of lê maar sodra sy opstaan en beweeg raak dit al hoe erger. 'n Velbiopsie is gedoen maar die dermatoloog lyk ook onseker wat dit veroorsaak. Al die ander simptome van lupus het intussen verdwyn. Wat sal die uitslag beteken? NS. die uitstalg is haar hele lyf maar nie in haar gesig nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nannie
Hulle behoort Lupus te kan bevestig met bloed toetse? Sy mag dalk een of ander ander rare outo-immune reaksie hê wat net soos lupus lyk. Lupus gee gewoonlik ook 'n uitslag op die gesig - maar dit kan verskil by elke pasient! Ek hoop hulle sorteer dit gou uit - dit kan nogal vreeslik moeilik wees om te diagnoseer want mens moet amper by'n punt begin en deur uitskakeling by 'n diagnose uitkom. Dit kan langer as 4 dae neem vir die kortisoon om te werk so gee dit bietjie langer kans?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: twiggi | 2013/04/04

helo dr....ek het so 2maande terug 'n knoppie agter my oor gekry..baie gejuk...toe die 2de een.....nou is dit op my kopvel....met tye bult dit uit.....voel dan soos 'n kors ....en moet ek net keer op ek krap dit stukkend.....ek drink dazit op die oomblik....was by dermatoloog....het velbiopsie gedoen..sal teen maandag hoor van toetse....ek nogal bekommerd....wat dink dr kan dit wees?

Reply to twiggi

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement