advertisement
Question
Posted by: Clarise | 2004/11/03

Uitputting

My babatjie is nou reeds 4 maande oud en sedert so 2 weke gelede voel ek vreeslik moeg. Selfs na die geboorte en die daaropvolgende weke van min slaap was ek nie naastenby so uitgeput nie. Nou is ek in die gelukkige posisie dat sy baie gereeld deur die nag slaap, so ek hoef nie eens meer regtig op te staan vir nagvoedings nie. Ek borsvoed steeds (geen ander voeding nie) en probeer reg eet. Is ook nog op kraamverlof. Wat kan die rede vir die erge moegheid wees en wat moet ek neem daarvoor? Ek drink steeds my Pregnavit. Ek kan net nie opkom soggens nie en hier teen vroegmiddag is ek so poot-uit dat ek net op die bed wil neerval en slaap. Maar nouja, met baba in die huis is dit nie altyd moontlik nie!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Clarise, die mees algemeenste redes is bloedarmoede, lae bloeddruk en lae bloedsuiker. Die beste sal wees om jou dokter te sien en dit so gou as moontlik uitgesorteer te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement