advertisement
Question
Posted by: Nellie | 2008/01/30

triphasil

Hi dokter

Ek het so twee maande terug uit my pille uitgehardloop. Dis triphasil gewees. Toe ek uit SA na Engeland was het die suster vir my 2 jaar se pille gegee en ek het dit so mooi bewaar omrede ek gedink het dat ek sal binne 2 jaar weer terug wees in SA om nog te kan kry. Ek het intussen New Zealand toe geimmigreer en het nou nie meer pille nie.

Ek was vertel dat ek nou baie gewig sal optel en "moodswings" en, en, en sal hê. Ek het so 3 kilos opgetel maar het dit gou weer veloor deur oefeninge en reg eet.

Ek moet nou op 'n nuwe voorbehoed middel gaan maar ek is so bang dat ek sal baie gewig optel. Ek is al vir 7 jaar op Triphasil en kan dit nie 'n groot skok vir my liggaam wees om net sommer op te hou om dit te gebruik en dan met iets anders te begin nie?

Dankie vir die hulp en raad :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Nellie
Vra rond, ek is amper seker jy gaan ‘n baie soortegelyke voorbehoed pil daar kry met min of meer dieselfde bestanddele! Dit sal nie vir jou liggaam ’n skok wees om oor te slaan na iets anders toe nie, alhoewel jy dalk ’n deurbraak bloeding ( “spotting”) kan kry .
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Michelle | 2008/01/30

Ek was op Triphasil vir 11 jaar en het toe besluit om iets anders te probeer want my borste het vreeslik seer begin raak. My dokter het gese dat ek dalk 'n ander voorbehoedmiddel moet probeer aangesien ek al vir so lank op Triphasil is dit dalk goed sal wees om die hormoon samestelling te verander. Ek is baie, baie gewigbewus en kan eerlikwaar vir jou se dat ek oorgegaan het op Marvelon, en niks gewig opgetel het nie. Ek eet gesond en oefen ook gereeld.

Reply to Michelle

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement