advertisement
Question
Posted by: Mom | 2004/10/27

Tiener probleme

Ek het 'n tienerseun van 16 jaar oud en 'n dogter van 19. Die omstandighede in ons huis is baie stormagtig. Ek het al verlede jaar Okt uitgetrek, want daar is geweldige "verbal abuse" en dronkenskap, laat aande en rondkuier saam met pelle en nog 'n buite-egtelike kind daarby, wat ek nie meer kon vat nie. My man wou toe selfmoord pleeg en het sielkundige behandeling ontvang en my gesmeek om terug te trek. Fool wat ek was het ek toe einde Nov weer teruggetrek, wat ek nooit moes doen nie. Ons is weer terug op die ou paadjie en ek haat my lewe. Hy gaan kuier nog steeds en sal sommer glad nie na werk huistoe kom nie. As ek baklei daaroor, moet ek my goed weer vat en loop en word ek vierletter woorde geskel en sleggesê. Ek weet hierdie situasie gaan nie verbeter nie en sy mooipraatjies was net om my en die kinders weer terug in sy web te kry. Ek is egter baie bekommerd oor my seun. Hy trek homself ook terug en maak nie teenoor my oop en gesels met my oor hoe hy voel nie. Hy het bv. probleme met 'n ou meisietjie gehad, ek kon dit aan sy gesig sien dat iets nie pluis is nie, maar hy wil dit nie met my bespreek nie.
Hoe hanteer ek die situasie? Hoe wen ek sy vertroue?
Hoe stop ek hierdie situasie van my huwelik ook? Moet ek maar weer trek en my kinders weer ontwrig? Ons is nou al 21 jaar getroud (ongelukkig) en elke keer as ek vir hom sê ek dink dit is tyd dat ons hierdie huwelik moet beëindig raak hy soos 'n klein seuntjie wat my smeek om hom te vergewe want hy het baie stres by die werk (retrenchments ens). WAT DOEN EK OM MY LEWE IN ORDE TE KRY EN MY KINDERS VERDER ONDER ONNODIGE SPANNING TE ONDERWERP?
Ek het 'n engel uit die hemel nodig om my uit hierdie hel te red!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

It doesn't sound as if there's anything good for you in this marriage, Call POWA and get counselling with them, to help you to weight up your alternatives and to choose wisely. Children are more damaged by a miserable marriage, and by witnessing continuing abuse, than by facing a divorce or separation. I agree with Lucia, you tdont have problem teenagers, you have a problem infant to whom you are married.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Mom | 2004/11/05

Lady Nina, Lucia & OM
Dankie vir jul respons - kon vir 'n ruk nie toegang hê tot internet om die respons te lees op my situasie nie. Dit is als waar wat jul sê - ek vertel dit vir myself elke dag, tog voel ek partykeer skuldig dat ek nie vir my kinders 'n gelukkige huis kan verseker nie en dat ek nou my kinders wat al groot is (16 & 19) weer moet ontwrig. As hy nugter is, laat hy my voel dit was maar net 'n fight en ons moet maar weer aangaan. Ek voel self so verward en voel so onseker en nikswerd. Het iemand dalk 'n adres of kontakno. van POWA in Bloem wat my dalk kan help soos Cybershrink voorgestel het?

Reply to Mom
Posted by: lady nina | 2004/10/28

hi daar

jong jy het a hengse probleem !

jou kinders kan jou nie vertrou nie want jy beskerm hulle dan nie teen die mishandeling nie, jy sien dag vir dag hoe hulle seerkry en jy doen niks, volgens hulle is jy net so skuldig soos hulle pa - en terwyl jy ervaar word as die vyand is daar geen manier wat hulle jou sal vertou en hulle hart met jou deel nie

hulle verstaan nie die gesins denamika nie en hulle kan ook nie verstaan hoekom julle weer terug is na pa toe nie, al wat dit kan regstel is as jy openlik met hulle praat en vergifnis vra en hulle soos grootmense behandel en na hulle voorstelle ook luister.

ek lees op die oomblik a baie goeie boek " the 5 love languages of teenagers" en hulle het a hele hoofstuk wat handle oor die kinders se emosies as hulle boodgestel word aan enige vorm van mishandeling.

jy kan die situasie omdraai en tot jou guns aanwend as jy begin om jou hart te deel met jou kinders en julle kan kommunikeer maar vertroue wat a baie lang tyd en jou dade spreek harder as jou woorde

los jou man ek weet dis nie maklik nie maar jou verantwoordelikheid le by jou kinders wat jou beskerming en ondersteuning nodig het

meeste mans wat mishandel het in elkgeval nie die guts om selfmoord te pleeg nie en manipuleer jou net - maar ek sal dit met die kinders bespeek en hulle vra hou hulle sal voel as julle sou loop en hy doen dit wel - die kinders is groot en kan a "informed" keuse maak as hulle al die feite het

as jy iemand nodig het om mee te praat kan jy jou email stuur want dis a moeilike keuse maar volgens my het jy geen alternatief nie - jou kinders gaan jou verkwalik dat jy toegelaat het dat hulle bootgestel word aan pa se siekte en jy sal hulle dalk vir altyd verloor

nina

Reply to lady nina
Posted by: Lucia | 2004/10/28

Hi Mom

Raai wat - jy het nie 'n tiener probleme nie, jy het wel 'n man wat homself soos 'n drie jarige kind gedra. Jy kan 'n honderd keer uit daai huis uit trek en weer terug trek om jou man die "proverbial" les te leer maar dit gaan nie help nie, want hy is heel dood dollies gelukkig soos wat hy is. Hy het sy vrou (oor wie hy kan loop) en kindertjies onder een dak en hy kan maak soos hy wil. As jy nou nog nie weet dat hy nooit gaan verander nie, dan weet ek nie.

Wat vir my pla is die feit dat jou kinders aan hierdie leefwyse blootgestel word. Indien jy nie iets drasties daaraan doen nie, gaan jou kinders albei eendag groot probleme met verhoudings he. Jou seun gaan tien teen een sy partner behandel nes sy pa sy ma behandel het en jou dogter gaan nie tevrede wees met 'n ordentelike ou nie, sy gaan 'n man soek wat nes haar pa is. Jy sien, die mens is 'n spesie wat veilig en gemaklik voel in "familiar surroundings" met karakters wat ons mee kan vereenselwig, maw karaters waaraan ons gewoond is en goed ken.

Is jy bereid om dit te laat gebeur ? Jou seun gaan deur 'n moeilike tyd in sy lewe - om tiener vandag te wees is nie maklik nie en on top of it all moet hy daagliks aan hierdie ongesonde situatsie blootgestel te word - jy sal baie, baie gelukkig gewees as hierdie kind nie heeltemal rebels uit draai nie.

Ek weet dis moeilik om 'n ou se comfort zone te verlaat en van voor te begin, maar is daardie sacrifice nie jou kinders se geluk werd nie ? Net jy ken die antwoord en net jy kan aan die einde van die dag besluit wat om te doen - wys vir jou kinders hoeveel jy vir hulle om gee deur die regte besluit te maak en veral jou seun se vertroue weer terug te wen. Hy is ongelukkig omdat sy ma hierdie leefwyse aanvaar en hulle as gevolg daarvan saam deur die swaar tye sleep - die arme goed het nie 'n keuse nie - jy het wel.

Reply to Lucia
Posted by: O.M | 2004/10/28

Mom I do believe you do need to move on with your children your situation has not improved and from the looks of it your hubby is set in his ways if he threatens to commit suicide don’t let him play games with you and your children I was married for a long time even tried after the big D for three years in a situation where she was right and I was wrong I bent over backwards to make it work it has caused so much problems with the children that having stayed in the situation so long it has done more harm than good. start a new life you have a chance it is never to late it will be hard at first but in the long run it will work out, don't play his games you will loose there is always ulterior motives in there lives to what they do

Reply to O.M

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement