advertisement
Question
Posted by: CP MOM | 2004/10/13

The Royal Albatros....

A friend I have feels like this today and has been for a while now and I honestly don't know what to say anymore to make him feel better, any kind words from you guys ? :

Ken jy die storie van die "royal albatrosses", jy weet daardie groot see voels.... Wel hulle paar af vir lewe en elke tweede jaar kom hulle terug na die nes waar hulle dan 'n kuiken groot maak vir 6 maande, ja dit neem so lank voor die kuiken die nes verlaat.

Anyway dit werk so na twee jaar se swerf kom die paartjie weer bymekaar en hulle wag vir mekaar vir 'n paar weke en as die ander een nie opdaag nie dan styg die alleen een op en vlieg uit oor die groot see, en hy begin soek tot hy dood is.

Wel dit is nou ek, ek is uit oor daardie see en ek weet ek sal nooit weer vind nie, en ek sal nooit weer land op 'n nes nie, ek wag maar nou net vir wat sal gebeur in die einde .......

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Hello CP MOm,
Tell your friend that you hope they'll soon find the nest they deserve, and the chick too. Make sure if they are truly depressed, that they see a good shrink and get proper treatment for it.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: blackbird | 2004/10/13

freedom .....when you have nothing left to lose ...

Reply to blackbird
Posted by: JM | 2004/10/13

'n Mens hoef nie altyd iets te sê nie. Indien jy 'n ware vriend vir die persoon is sal die blote feit net dat jy daar is en probeer verstaan defnitief baie beteken vir die betrokke persoon.

In stilte en nabyheid lê daar 'n ongewone helende krag.

Hoop ek maak sin, sterkte vir jou en jou vriend.

Reply to JM
Posted by: verlore | 2004/10/13

Dis baie moeilik om altyd die goeie dinge raak te sien en jy raak kwaad vir mense wat heeltyd vir jou se jy sal daar oor kom ek se nie dat hulle nie goed bedoel nie maar party keer dink jy net hulle het nie 'n clue waaroor dit gaan nie. Die persoon sal hulp moet kry en dis nie altyd maklik nie. Jy raak uit dinge om te se, ek is jammer het geen raad vir jou nie. Om te se wees daar vir hom, luister, laat hom verstaan dat jy sy vriend is, is dalk nie genoeg nie.

Jy mag dalk nie van my raad hou nie maar dis my opininie. Sterkte !!

Reply to verlore
Posted by: P | 2004/10/13

Die meeste van ons het al so gevoel. My Ouers wat baie close was, is ruk gelede net 'n paar weke uitmekaar uit oorlede -beide oor die 80, en in daardie posisie kan mens verstaan dat persoon voel hy het niks oor om vir te lewe nie.

Maar vir ons ander wat dalk die liefde in jou lewe verloor, op 16/20 of self 60?: tyd heel sekerlik alle wonde, soms vat dit net vrek lank.
Ek het gesien hoe treur en huil 'n groot tawwe man wie se vrou haarself geskiet het nog vir 'n jaar na haar dood, en twee jaar later het hy weer geluk gevind - sonder dat hy gesoek het, hy het in geen vrou belanggestel na die tyd nie. Hy sal seker altyd met tere herinnering en hartseer aan haar dink, maar is nou weer gelukkig.

Wrede woorde, ek dink mens maak almal die fout om na verlies van iemand wat alles in jou lewe was, te droom en die persoon te idialiseer, en dan raak dit 10 maal moeiliker om die pyn te hanteer en daaroor te kom en aan te gaan met jou lewe. Daar is mos die paar fases waardeur mens gaan na so iets, so dis reg as daar 'n tyd van hartseer/verlange is waar jy voel alles is nou verlore en jy wil nie meer aangaan sonder die eprsoon nie, en elke oomlik van die dag, vanaf jy wakker word is die persoon in jou gedagtes, maar dit moet met die tyd afneem en jy moet die herstelfase voltooi.

Reply to P
Posted by: Beyond Tired | 2004/10/13

Moeilike een. Daar is min woorde wat ek kan se want self te deurmekaar. Dit is 'n diep depro waarin die persoon hul self vind, al wat jy kan doen is om altyd positief met hulle te praat en probeer opbeur en wees maar net daar as hulle wil praat maar ook nie tot jou eie "detriment' nie. Die persoon moet met 'n dokter of iets praat en gou.

Reply to Beyond Tired
Posted by: CP MOM | 2004/10/13

hey Twannette - dis nie ekke nie - ek's happy - kan nie beter met my gaan op die oomblik nie!!!

ek weet net nie meer wat om vir die iemand wat so vreeslik, vreeslik hartseer / depro is te sê nie en julle ouens het meer kennis en raak as ekke :-)

Reply to CP MOM
Posted by: Twanette | 2004/10/13

Geen woorde om te troos nie....jou verhaal klink verskriklik hartseer!

Reply to Twanette

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement