advertisement
Question
Posted by: lulu | 2004/09/21

The Playa1's

Ag nee julle... Nou gaan julle 'n mannetjie wat skaars 15 of 18 kg weeg toelaat om 'n verhouding wat stunning kon gewees het op te neuk? Hoekom moet dinge "beter" raak wanneer die outjie ouer is? So hy is klein nou en hy gaan minder aandag nodig hê wanneer hy ouer is, maar hoekom is dit "beter" as 'n kind minder aandag van sy ma nodig het??

Playa1: Ek is jammer om te sê, maar jy IS selfsugtig, ja. Hoekom wil jy ABSOLUUT ALLEEN tyd saam met haar hê? Ek verstaan na wat jy deurgemaak het, het jy behoefte aan 'n verhouding wat "normaal" is, maar wie het nie? Besides, "normaal" is wat mens daarvan maak. As jy bietjie relax en nie geirriteerd raak met elke beweging wat sy maak in die kind se rigting nie, sal jy agterkom dat hy eintlik nie vir jou 'n bedreiging is nie. Jy speel met vuur om haar so te skeur tussen jou en haar kind.... Sy sal DOODGAAN vir haar kind. As jy haar gaan laat kies, gaan jy verloor, passop... 'n Gebroke hart is nie lekker nie, maar mens kom oor dit eventually. Sy sal gaan soek vir iemand wat hulle ALBEI in sy hart wil hê.

Jy is 'n dierbare man, klink dit my. 'n Aanwins vir enige verhouding... Moet dit nou nie opfoeter met kinderagtige eise wat nie moontlik is om te vervul nie, toe?

Mev Playa1: Dankie dat jy die vrymoedigheid gehad het om jou kant te stel.

My opinie: Kry berading SAAM. Ek het ook twee kinders in 'n stief huwelik. Sonder die berading wat ons gehad het sou ons lankal handdoek ingegooi het. Dis HEL om so 'n verhouding te laat werk, maar HEMEL wanneer dit werk.

Sterkte!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: k | 2004/09/21

J

so wat probeer jy se, dat iemand wat kinders het, die plaag het,
jou redenasie, is so kinderagtig, mense begin verhoudings,verhoudings werk nie uit nie , soms is daar kinders betrokke, dis enige mens se eie keuse of hy wil betrokke raak met 'n vrou wat 'n kind het. Hoekom stap jy nie weg van jou girl
wat nie haar bene toe kon gehou het nie.
Klaarblyklik het sy glad nie na jou verlang nie. Mense wat enkel is met kinders of geskei is , is nie almal hoere nie, hoor.
ek het hierdie playa storie van die begin gelees, en albei is baie lief vir mekaar, en ek ken hulle nie, maar ek dink tog hulle gaan dit kan uitwerk. Dis mense soos jy wat glad nie op hierdie forum moet wees nie, want jy het geen idee hoe om mense te adviseer nie.

Reply to k
Posted by: J | 2004/09/21

My situasie was anders: Ek het uitgegaan met 'n girl toe ons jonk was, malverlief gewees op haar, toe werk dit nie uit nie en sy is later getroud met 'n common gat. Ek het altyd mal oor haar gebly. Jare later is sy geskei en ons ontmoet weer en voel nog dieselfde oor mekaar, maar sy het 2 kinders by die ou gehad en die laatie is 'n regte brat. Geen kans dat dit sou werk nie, want die kind (onskuldig) was 'n herinnering dat sy haar bene vir 'n ander ou oopgemaak het terwyl ek nog na haar verlang het en haar destyds op haar hande gedra het.
Ek vat hoe lekker is dit vir my in bestaande getroude verhouding (nie vreeslike gelukkige een nie) wat kinders aanbetref, enige kompliment of aandag wat my vrou my kinders gee is vir my 'n riem onder die hart, dit kan nooit dieselfde wees waar dit 'n ander voelvel se kinders is nie.
Waar die kinders ouer is, verg hulle sekerlik nog meer van mens se aandag en tyd en rondry en alles, maar dan is hul hopelik al mens en kan so gehanteer word. Maar alhoewel die gedrag as kinderagtig, ongebalanseerd en selfsugtig bestem word, kan ek verstaan dat Playa1 net ergenis het, sy probleem waaroor ek hom jammer kry is dat hy toegelaat het om betrokke te word by iemand wat kinders het. Probleem is net, daar is bitter min vrouens te ontmoet wat nie kinders het nie.

Reply to J

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement