advertisement
Question
Posted by: Ray of Son. | 2007/07/22

Teveel.

Hi.

Daar was 'n voorval nou die ander dag dokter, dat ek en vriende hope verskillende drugs en goed gebruik het die een aand. Toe ek weer sien was dit daglig en . . . 5 dae later. Ek was vir vyf dae uit soos 'n kers.

Die vriende van my se ek het aan die slaap (letterlik) geval en hulle wou my nie wakker maak nie. Hulle het my gesleep na die kamer en aangegaan. Toe woon ek in in hierdie huis waarvan ek die inwoners van geen kant af ken nie, en hulle los my want ek lyk ok en ek leef nog. Wel, ek haal asem.

Ek kan nie rerig onhou nie, maar ek dink daar was iets van alles. A - Z. En ek het ook dan nou maar iets van alles geneem, soos dit is. Dink jy dokter dat so iets met jou organe neuk, of is daar lang termyn implikasies? Ek het darem amper gedood!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ray of Son

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit wat jy gedoen het, was baie onverantwoordelik en onverskillig. Langtermyn skade kan veroorsaak word deur sekere dwelms. Ongelukkig verstrek jy nie genoeg inligting om vas te stel of daar permanente skade kan wees nie. Indien jy baie bekommerd is, konsulteer jou huisdokter, sodat bloed getrek kan word om vas te stel of daar enige skade aan jou lewer of niere is.

Wees van nou af versigtig, want die uitkoms van jou ekspirimentele dade, kon BAIE erger gewees het.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement