advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/08/02

Terugvoering: Sub Acute Endocarditis

Hi Doc. Welkom terug! net gou terugvoering... Ek het die 13de Julie na 'n splinter nuwe Dokter toe gegaan wat die nodige bloedtoetse gedoen het. CRP = 72, Witbloedtelling = 14 en Bloed besinking 40. Dit, en die merkies onder my naels en die rooi kolletjies op my hande en bene het hom genoeg rede gegee om dadelik met Antibiotika behandeling (Curam) te begin en die diagnose te maak van "SBE". Op 'n stadium het dit slegter begin gaan en ek was toe vir totaal van 8 dae in die Hospitaal.

Op dag 7 het hul 'n T.E.E. gedoen en vasgestel dat die Mitraal klep verduk het. Die Kardioloog het Dobbler gedoen en dis 'n prominente Kleplek. Ek sal hom weer die 7de Sept. sien.

Die ergste koorsigheid en lyfseer is darem nou al beter en ek weet ek sal nou net die Antibiotika behandeling moet klaar maak.

Baie dankie vir u hulp! bly om u weer terug te sien.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Bly jy is darem uit die hospitaal - jammer dit het nou daar die draai gaan maak, ek hoop dat daar nie operasie op die klep sal nodig wees nie! Dis vir my ook lekker om terug te wees!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement