advertisement
Question
Posted by: Caileen | 2010/11/18

terugvoering

Hallo Dr Bets, ek is terug van die Gallium kamers af. Ek is oorgeskuif na ''n privaat saal . Nou is dit net ek en my laptop. Hopelik kan my kindertjies nou vir my kom kuier.

Nogal snaaks -,ek moes toestemming gee vir ''n vigstoets! Ek is nie bekommerd daaroor nie, want ek slaap nie rond nie en ek het ''n wonderlike man en vertrou hom.

Maar dit was ''n bietjie vreemd - doen hulle dit dalk omdat ek gewig verloor het? (ek het 59 geweeg en nou weeg ek 55kg, maar lyk nie sleg en uitgeteer soos iemand wat vigs het nie) Ek is net naar en kan nie kos inhou nie.



Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Caileen
Ek dink dit is maar net roetine deel van die "battery" toetse wat gedoen moet word en 'n teken dat jou dokter deeglik is! Hy moet soek vir redes dat jou immuunstelsel dalk nie goed werk nie. In 'n privaatkamer slaap mens darem beter...
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Caileen | 2010/11/19

Is jou naam ook Caileen?

Reply to Caileen
Posted by: Hallo Caileen | 2010/11/18

Ai, Hospitale is terrible goed! sterkte jong.

Dok Oosthuizen sal beslis van KARIN KRUGER weet. Sy word elke 3-4 maande daar opgeneem en dan bly sy soms tot 27 dae op drups en behandeling en het al Galium en als laat doen en al wat terug kom is positief vir Q Fever. Sy het eendag plaasmelk gedrink en dis moontlik waar sy dit gekry het.

Sy bly ook in Pretoria. Toevallig (en ek glo nie aan toevallig nie, net dat God met ons almal se lewens werk) kry sy ook elke keer eers sinus ontsteking en dat Encaphalitis wat dan ook die Q koors laat opduik.

Ek gaan hierdie link vir haar stuur sodat sy ook op ''n stadium met jou kan chat. hou maar hierdie site dop, hoor :)

sterkte! probeer maar rus en bid as dinge vir jou te veel raak. God luister altyd.

Reply to Hallo Caileen
Posted by: Caileen | 2010/11/18

Dankie. Dis is die eerste keer wat ek so siek geword het. Ek is eintlik baie gesond, behalwe vir sinus ontsteking so nou en dan. Ek is baaie gefrustreerd en raak nou moedeloos, en ek is baaie eensaam en nou le ek nog in ''n privaatsaal ook. Dit voel of ek nie uit hierdie hospitaal gaan kom nie.

Wat is jou sussie se name en van, miskien onthou dr Oosie haar. Hy is baie oulik. Ek dink hy wil ook al opgee met my. Hoe kan ek haar in die hande kry? Ry sy ook perd? Bly sy ook in PRetoria?

Reply to Caileen
Posted by: Caileen | 2010/11/18

Hallo Caileen,

Ekskuus dat ek my neus nou hier in druk. Ek lees toevallig van jou post en kan dalk help: my sussie, Karin, sukkel al vir meer as 3 jaar lank met kroniese infeksie en koors wat deur Dr. Oosthuizen behandel word (hy is ''n infeksie Spes. maar ook spesialiseer hy in sulke weird virusse en hy is ''n VIGS Spes.)

Bel my sussie en sy sal jou als kan vertel van Galium toetse en Qkoors en al, want sy het dit al als deurgemaak en so leer ons maar by mekaar, né .

Stuur hier vir my ''n boodskap en as jy met Karin wil gesels dan kry ek ''n manier waarop julle kan kommunikeer. Dalk kan sy help?

Intussen, sterkte jong. Hospitale is eensaam en dis terrible om so siek te wees sonder oplossings en net nog vrae...

ek kyk uit vir jou reply.

Reply to Caileen
Posted by: Cyberdoc | 2010/11/18

Hallo Caileen
Ek dink dit is maar net roetine deel van die "battery" toetse wat gedoen moet word en 'n teken dat jou dokter deeglik is! Hy moet soek vir redes dat jou immuunstelsel dalk nie goed werk nie. In 'n privaatkamer slaap mens darem beter...
Dr Bets

Reply to Cyberdoc

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement