advertisement
Question
Posted by: Cee | 2008/11/28

Terugvoering

Hi Dokter Bets,

Ek was vanoggend by die dokter ivm die brand gevoel. Blykbaar het die urine toetse teruggekom en wys geen infeksie nie. My bloedsuiker, cholestrol en skildklier is ook normaal. Hy het my aanbeveel om die premarin room vir 10 dae te gebruik en dit net in die aande aan te smeer. Intussen brand ek my in ' n koma in. Ek moet hom weer na tien dae gaan sien en as dinge dan nie verbeter het nie, wil hy my onder narkose sit en ' n kamera in my urienbuis opsit. Hy het ook die moontilkheid van inflammasie bespreek, maar kan ' n urien toets dit nie optel nie? Blykbaar is my estrogeen vlakke ook baie laag.

Hy het ook voorgestel dat ek en my verloofde eers wag met seks.

Ai dok, nou voel ek weer terug op vlak een. As al die papsmere, bloedtoetse en urien toetse dan niks wys nie, hoe nou gemaak? En die probleem voel defnitief by my piepie gaatjie. Ek is al so moedeloos en huil onophoudelik.

Dankie dok vir die vorige raad en die mooi manier waarop dok die briefie geskryf het! Dit gee ' n mens werklik hoop om te hoor dat daar nog dokters is wat werklik omgee.

Lekker daggie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Dankie vir jou terugvoering.

Ek stel voor dat jy 'n produk soos Citrosoda vir 'n paar dae gebruik om sodoende jou urine te alkaniseer. Dit behoor die irritasie te verminder. Jy moet ook Apor room, twee tot drie keer per dag, aan die area aanwend. Dit sal die probleem opklaar indien daar 'n swam infeksie is wat nie simptomaties is nie (behalwe vir die branderigheid nie).

Dit is slegs voorstelle en as dit nie werk nie, moet jy 'n uroloog vroeer konsulteer.

Groete




Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cee | 2008/11/28

Jammer vir briefie nommer twee, maar boonop begin ek nog menstrueer ook oor tien dae en daaroor is my senuwees stukkend. My laaste menstruasie was 5 dae van hel. Ek weet nie meer wat om te doen nie dok. Ek stres so erg dat ek al paniek en angs aanvalle kry. Want hoe op aarde kan ek defnitief daar brand maar die toetse wys daar is niks fout nie? Party dokters het al voorgestel dat daar iets fout is met my kop, maar dit is defnitief nie die geval nie. Mens weet mos hoe en wat jy voel. Ek is 22 en dit voel asof my lewe verby is. Ek is ' n aktiewe meisie wat swem, dans en stap maar nou is ek ontneem van al die dinge wat my gelukkig maak. Dankie vir Dok se geduldige oor.

Reply to Cee

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement