advertisement
Question
Posted by: Zen | 2007/11/30

terugvoer op 584 - Cybervet

Hi Doc

Ons glo nie daar is ligamente geskeur nie, want die hond het glad nie pyn nie en daar was geen swelling nie. Die knie word beweeg en met tye loop hy normaal. Weens 'n finansiële krisis kon ons nie die hond na 'n veearts neem nie, daarom het ons hom aanvanklik na die DBV geneem. Die rondgaande veearts daar het slegs 'n observerende ondersoek gedoen, omdat ons nie "kon betaal nie". Daar is vir ons net 2 opsies gegee: amputeer die been, of sit die hond uit. Die hond is gesond en lewendig en uitsit was dus glad nie eens vir ons 'n opsie nie. Ons wou ook nie sommer amputeer nie, uit vrees dat dit iets is wat wel kon herstel, en dan het ons 'n eintlik "gesonde" been geamputeer.

Kon die hond dalk 'n soort aanval (beroerte?) gehad het wat die been tydelik verlam het? Hy gaan nou weer aan asof alles 100% is, maar met tye kan mens sien die beentjie raak moeg en as hy staan en omdraai, lyk dit asof die beentjie sleep voordat hy verder normaal loop. Hy sleep ook nie meer sy agterlyf nie en staan al hoe meer met sy volle gewig op die been. As ons moet skat, het hy omtrent al 'n 80% verbetering begin toon sedert hy terug is by ons. Dit lyk nie asof daar spiermassa verloor is nie.

Hoe lank kan so iets neem om te herstel? Die DBV het gesê hulle gaan oor 'n maand (nou al 3 weke) kom ondersoek instel na sy vordering. Indien daar dan nie 'n verbetering is nie, gaan hulle die been amputeer.

Groete!
Zen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Dit klink asof watookal die probleem was is besig om te herstel. As die hondinmg nie die pootjie sleep nie is dit nie nodig om die been aftesit nie. As die poot gesleep word and die vel beseer word dan is afsit 'n opsie. As die senuwees beseer is kan dit maande neem om weer reg to word. As die ligamente geskeur is kan dit omtrent 6 weke neem om te herstel as hulle ooit herstel. Rus is die beste manier om die hond konservatief te bahandel. Moet nie toelaat dat die hond ander diere rond jaag nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement