advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/04/12

Terugvoer na T.E.E prosedure

Hi Doc,

Ek het toe gister die T.E.E. prosedure laat doen. Ek is een van die gelukkige mense wat slaap van Dormicum asof ek gewone narkose kry, so ek weet van niks wat gebeur het nie. My man was daar en het my na die tyd ingelig.

Die toetse het die volgende opgelewer:
Mitral klep prolapse, baie dun membraan tussen "ventricles" maar geen permanente ASD of Pulmonary kleplek. Dit was 'n groot verligting! Die Kardioloog is ook van mening dat die ASD en Pulmonary klep prolapse slegs voor kom as ek 'n virus/infeksie/koors het en my hart harder moet werk. Die res van die tyd is dit nie 'n probleem nie.

Baie dankie vir die waardevolle inligting wat u vir my gegee het. Ek waardeer dit baie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Ek is so bly vir jou! Gelukkig is dit nou agter die rug ook. Dit beteken natuurlik dat jy jouself baie mooi moet oppas as jy griep of iets kry... in die bed klim en RUS, gehoor!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2007/04/12

ekskuus, ek bedoel membraan tussen "atriums" en nie "ventricles".

ek kon nie self met Kardioloog praat nie (was nog te veel deur die dinges) en het nog baie vrae en nou hoor ek hy is van vandag af vir 'n maand oorsee...

1. moet ek nogsteeds antibiotika neem voor Tandarts? moet alweer die 20ste Apr. gaan vir 'n kroon.
2. wat veroorsaak die Atriale Fibrillasies?
3. Ek het op die oomblik 2 Kardioloë wat na my kyk (albei is in Pretoria) die 1 Kardioloog het die 1ste toetse en Angiogram en opvolgwerk gedoen en die 2de Kardioloog het nou (verwys deur Internis) die TEE gedoen. Ek het 'n afspraak om die 1ste Kardioloog in Sept. 2007 te gaan sien. By watter Kardioloog moet ek nou my ondersoeke laat doen?
4. Is dit nog nodig om Kardioloog jaarliks hierna nog te gaan sien?

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement