advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/01/15

Terugvoer en nog 'n vraag

Hi doc.

Ek het probeer om my Kardioloog vroeer te sien as Maart 2008, maar hy is vol geboek tot iewers in Julie! nee wat, kan nie eens met hom telefonies -|- ak maak nie.

Ek leef nou maar saam met die hartkloppings en onreelmatigheid en probeer net my lewe hervat.

Ek het vanaand, vir die eerste keer sedert ek simptome van MVP begin kry het, weer begin met fisiese oefeninge. Ek het Aerobics begin doen. Gedurende die klas het ek net onnatuurlik baie gesweet (die ander was droog) met lugverkoeling aan! ek kon voel my hart klop vinnig en nou, omtrent 1 uur na die tyd sweet ek nogsteeds en my hartklop het omtrent eers 30min na oefening gedaal (was sowat 100 plus), maar reelmatig.

Ek weet dat sterk oefeninge sleg is met Klepsiekte (Heartdoc se woorde) maar waarna moet ek oplet as tekens dat ek besig is om my hart te ooreis?

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
borskaspyn, floutes, koue klam gevoel en benoudheid is tekens van hart ooreising. Vat dit maar stadig jong!!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement