advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/12/10

Terugvoer: bloedtoetse

Hi Doc.

Bloeduitslae wys die volgende:
VBT: normaal
TSH: normaal
Cholestorol (vastend) totaal 6,3 - LDL 4,3 (kronies op ASPAVOR)
Ysterstudies: 7,9

Ek was Sept vir Gastroskopie oor lae yster (was 6,6) en het EROSIE. Nou is my yster weer so laag. Ek drink MINAMINO en eet oor die algemeen gesond. Wat kan ek nog doen om yster hoog te kry en daar te hou? behalwe vir add. yster meds wat 'n mens net hardlywig maak!

Hart klop deesdae weer permanent onreëlmatig (mis slae). Sien Elektrofisioloog 12/12 en sal dan hoor wat my tedoen staan.

Lekker dag!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Daar is nou maar net 3 maniere om yster in te kry - pille, inspuiting en met 'n drip. Die inspuiting kan lelike bruin kolle en inflammasie veroorsaak as mens dit nie reg spuit nie en beide die inspuiting en die drip kan allergiese reaksies veroorsaak.
Probeer Ferrimed stroop ( ek weet die pille maak mens naar - veral as jou maag sensitief is - en veroorsaak hardlywigheid) of eet hoë yster bevattende kos soos lewer en spinasie...jy is omtrent nou tussen die duiwel en die diepblou see....
Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement