advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/05/20

Terugvoer

Hi Doc,

Ek het nou net met GP gepraat. VBT normaal (witbloed effe verhoog na 11), CRP en TSH normaal.

Pro-BNP: 218

Sy kan dus nie verklaar hoekom my pols so hoog bly en BP so laag nie en dat die LANOXIN nog nie my simptome verbeter het nie. Sy praat van weer holter EKG opsit of selfs opname, maar ek sien regtig net nie kans nie en die tyds berekening is vrot!

Ek is besig om van Medies te verander, aangesien my huidige Medies Insolvent was, nou weer geld ingekry het, maar baie wankelrig. Ek is bevrees al my uitstaande rekeninge en die laaste klomp rekeninge sal hulle dalk weer in bankkrotskap sit :P

so ja, ek sal van 1 Junie weer op ordentlike Medies wees, maar intussen moet ek vasbyt.

Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hi Cornel
Ek dink nie jy moet peuter met jou medikasie nie, alhoewel die lae bloeddruk en hoe pols ongemaklik is, is dit nie lewensgevaarlik nie. Probeer dit maar filosofies hanteer van dag tot dag, as jy angstig raak kan dit jou simptome vererger. Mens weet nou nie of die hartversaking dalk jou hartspier bietjie verswak het en dat dit maar tyd gaan neem om weer behoorlik te begin werk nie. Die operasie het die oorsaak van die hartversaking reggemaak maar die feit dat jou kardioloog dink lanoxin is nodig is 'n aanduiding dat die hartspier nog nie 100% is nie. Vat dit stadig en moenie ongeduldig raak met jouself nie. Kyk of jy maar periodiek bietjie kan rus deur die dag as jy baie moeg word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Ruby | 2008/05/20

Hey Cornel,
Jammer om te hoor dat jy nosgteeds sukkel met jou BP en HR. Sal die dokter kan wag met daardie toetse tot 1 Junie? Nog net 'n week en 'n half om te wag... Ek dink aan jou!!! Groete Ruby

Reply to Ruby

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement