advertisement
Question
Posted by: Seer arm | 2007/05/09

Tennis / Golfers Elmboog

Hi Daar Dok,

Ek was verlede jaar Maart vir ons Provinsiale Dames Golf Span gekies om aan 'n paar verskillende toernooie deel te gaan neem. Twee maande daarna het ek 'n tennis/golfers elmboog ontwikkel. Ek noem altwee want die pyn is aan albei kante van die elmboog. Ek dink dit was seker maar van te veel oefening te vinnig.

My probleem is, dit is nou al 'n jaar terug en ek sukkel nogsteeds met die arm. Ek het al twee kortisoon inspuitings gekry, die arm gerus en fisioterapie ontvang. Eers het die pyn gekom en gegaan, nou is dit 'n aanhoudende pyn. Is daar nog iets wat ek kan doen om 'n operasie te vermy, en indien nie, hoe lank is die "recovery time" na so operasie. Hoe vinnig sal ek weer kan golf speel.

Enige advies sal verwelkom word.

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Seer arm
As jy opereer gaan dit ten minste 6 weke wees voor jy kan begin oefen. Het die fisio vir jou 'n bandjie gegee om om jou arm te sit om die inplanting van die spierkop op die elmboog te "beskerm?" Ek dink jou opsies raak nou min en jy gaan (ongelukkig) waarskynlik met 'n operasie opeindig.
sien ook http://www.mayoclinic.com/health/golfers-elbow/DS00713

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Fren | 2007/05/09

Ek het die beste raad nog! Drink elke dag Cod liver oil pille en jou elmboog sal binne een maand reg wees. Ek het net so gesukkel met so 'n elmboog en het die raad by iemand gekry en probeer. en sowaar tot vandag toe nog is my elmboog 100% reg! Hoop dit werk vir jou ook!

Reply to Fren

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement