advertisement
Question
Posted by: Dezi | 2004/10/20

te vroeg van ma af gevat

Ek het 'n hondjie gekry. Sy ma kon hulle nie onderhou nie. Hulle was sewe baba's en die ma het baie verswak. Dit is 'n miniatier douberman gekruis met 'n jack russel. Hy is nou vyf weke oud. Ek gee hom met die inspuiting kos, maar hy is besig om te leer hoe om self uit 'n bakkie uit te eet.

Kan ek vra of dit hom in die toekoms sal beinvloed? Hy is baie erg oor my en ek sukkel met hom by die werk. Hy kan nie sonder my aan die slaap raak nie en wil die heeltyd by my wees dit maak dinge 'n bietjie moeilik. Wanneer gaan hy ophou suig aan my vingers en wanneer is 'n goeie tyd om hom maniere begin te leer.

Wanneer moet hy gaan vir sy eerste inspuitings en "check ups"?

Enige reply is welkom.

Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Hi Dezi
Good questions. This type of orphan puppy often has problems later on, but you can do things now to help prevent them. He will be lacking fraternal bonding - company of brothers and sisters - so I suggest you try to find some pups or kittens of about the same age for him to play with as much as possible. Ideally he should have been fostered by another bitch who had pups at the same time, but this isn't always possible. His bonding with you will be very strong and you will have to start leaving him alone for short periods (1 to 5 minutes) to start with. His mother would have done this already, so you just need to be strong about it or you will never be able to leave him alone without separation anxiety. You can also "wean" him off your fingers and get him some chewy toys to suck like a dummy instead. "Manners", such as toilet training are taught by the bitch from the age of 4 weeks, so start now to encourage him to move away from his sleeping area to mess, preferably on a suitable surface (grass, sand or newspaper). Puppy socialising classes can be started at 8 weeks and these are good to teach owners how to train their pups, as well as for the socialising part. He should go for his first vaccination about now (6 weeks), so you may have more questions you want to ask your vet then.
Karen Gray-Kilfoil
ANIMAL BEHAVIOURIST

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: driekie | 2015/09/02

ek het 'n baba jack russel gekry die mamma het drie babas gehad een wyfie en twee mannetjies toe vat die eienaar die babas van haar af toe hulle 2 weke oud was ek het by die veearts vir hom formule melk en pallets gekry maar hy wil nie die pallets eet nie ek maak dit vir hom sag en ook gee ek vir hom driekeer 'n dag sy melkies vir ekstra voeding maar ek is baie bekommerd hy is baie kleiner as sy boetie die sussie is net na ons die mannetjies gekry het aan bloeding op die brein dood ek worry oor buddy want hy wil nie regtig eet nie hy is nou ses wekies oud die veearts se hy is gesond ek gee hom maar nou bruin rys en hoender hy eet dit maar met 'n langtand wat moet ek doen ek is so lief vir hom hy het klaar sy inspuiting gehad en moet nou weer in September een kry

Reply to driekie
Posted by: Anonymous | 2015/07/16

Ek hey n baba eekoringtjie hy 8 wekies wat kan ek hom alles gee on te eet

Reply to Anonymous
Posted by: Elize | 2014/09/04

Ons Jack Russel tefie het 3 dae terug 2 babatjies gekry. Sy het een per ongeluk doodgele. (Sy het gedurende die nag babas gekry). Die oorlewende enetjie is baie klein en swak. Dit lyk nie of hy aan sy ma gedrink kan kry nie. Sy velletjie is al baie los op sy ruggie. Ek het gelees dat mens vir hom kan Ideal melk gee. Ons bly in Mosambiek. Elke hoeveel uur moet hy melk kry en hoeveel? Ek kan sien hoe hy verswak. Ek kan nie net toesien dat hy doodgaan nie. Die ma skop hom kort kort uit die "nes" (van die kussing af waarop hulle slap). Help asseblief.

Reply to Elize
Posted by: Reply na Luccia | 2004/10/21

Jissem Luccia, baie dankie hoor, jy help my baie ek sal vandag gaan kyk daarna.

Die hondjie glo ek ook sê baie dankie.

Lekker daggie.

Reply to Reply na Luccia
Posted by: Lucia | 2004/10/21

Skuus - vergeet om te noem - kyk op die honde pille sak na die instruksies oor hoeveel keer per dag hy moet eet ('n goeie maak dui gewoonlik aan hoeveel keer en hoeveel hulle per gewig moet eet).

Reply to Lucia
Posted by: Lucia | 2004/10/21

Hi Dezi

Ek het self twee min pins (nou 4 & 3.5 jaar oud - tefie en reuntjie). Toe hulle so klein was het my veearts aangeraai ek maak die puppy pille nat met water (nou nie sodat dit meer water as pille is nie - net genoeg om die pille sag te maak) en die water wat hulle so inkry is voldoende - na die ouderdom van ses weke moes ek stelsel matig die water verminder wat ek met die pille gemeng het, totdat hulle net droe pille eet (wanneer jy die water begin verminder, kan jy die ekstra bakkie water begin uitsit - hulle begin wel self drink as hulle dors is - omdat hulle so klein is drink hulle maar ontsettende klein hoeveelhede)

Ek wil ook net noem - weet nie of jy weet nie, maar moet asb nooit melk gee nie - veroorsaak erg spoelmaag. Iets wat help vir spoelmaag is om net vir 'n dag of twee gekookte rys en klein gaar stukkies hoender vleis te gee - dit is maklik om te verteer en stel die magie in staat om vinniger te herstel van spoelmaag.

Good luck met die kleintjie

Reply to Lucia
Posted by: Reply to PI & Acineth | 2004/10/21

Julle baie dankie vir julle replies,dit help verskriklik baie. Nou vandag het ek nog 'n probleem. Die is nou vir jou PI, my hondjie se magie was gisteraand baie slap gewees, en nou vandag wil dit vir my voorkom of hy weer hardlywig is. WAT MOET EK DOEN??? Ek is nou al so moedeloos as dit nie die een ding is nie dan is dit die ander. Die mense wat hom vir my gegee het het gesê ek moet hom Morvite voer, dit doen ek nou, ek wil graag weet wat het jy jou hondjie gevoer? Moet hulle net sekere tye 'n dag eet en hoeveel water hulle moet inkry. Ons is in 'n baie klein dorpie geleë en dit klink nie vir my of ons veeartse baie weet nie, ek wil nie my tyd verder daar mors nie, nou vra ek jou wat baie ondervinding het. Help my seblief.

Reply to Reply to PI & Acineth
Posted by: Pi | 2004/10/21

Dezi, ek het my min pin ook omtrent op 5 weke weggevat van haar ma. Daar was te veel ander klein hondjies van verskillende ouderdome en hulle het haar geboelie oor sy die kleinste was. Dit het redelik tyd en geduld gevat om haar te leer om self te eet, sy was bang vir die water bak in die begin, neus ingedruk, verstik en dan ver gebly. Ek moes ook met 'n inspuiting vir haar water ingee tot die krag een aand af was en in sterk skemer kon sy die water bak uitfigure, probleem uitgesorteer. Ek het haar ook vir omtrent 2 maande werk toe gekarwei om gereeld kos te gee, was nogal 'n storie. Daarna het ek haar deur die dag by die huis begin los, met baie sleepgoed en 'n warmwatersak. Sy is nou nog bitter erg oor haar warm watersak. Sy sal die kat verskeur as die naby die sak kom. Ek los hom in die somer sommer net so in haar bed, in die winter word hy warm gemaak. Die etery het ek ook met baie dissipline reggekry, sy wou net uit my hand eet, ek het maar elke dag gesit en gevoer en stadig die roetine in plek gekry, spesifieke tye van die dag, die kos later neergesit op haar eetplek tot sy later daar gaan wag het, vat baie geduld en uithou vermoe.

Die grootste probleem wat ek met haar gehad het was met honde maniere. 'n Klein hondjie se ma leer hom maniere in daai 5-6 weke van sy lewe, wie's baas, hierachy stories en so aan. Sy't nie geweet sy gaan gebyt word as sy haar kop in 'n ouer hond se bak druk nie of gaan ronddwaal waar hulle slaapplek is nie, en sy moes op die harde manier leer van honde hierachy en ek moes staan en toekyk hoe sy verjaag word, gelukkig darem nie ernstig nie, die ouer hond het ook geweet die dingetjie ken nie maniere nie. Niks wat ek haar kon leer nie. Sy het nou nog 'n dominansie probleem, ek los haar nooit alleen by die groot honde nie. Kan net probleme veroorsaak.

Die house training het nog meer geduld en tyd gevat. Ek glo nie aan hond slaan en neus in sy bollie druk nie. Ignoreer net as hy in die huis gemors het en hou hom baie fyn dop, ek het myne se manier leer ken. En dit vat dissipline van jou af om hom die regte plek te leer gebruik. Vat hom gereeld buite toe, en gee baie praise as hy dit gedoen het. Hulle leer baie gou. As myne deesdae in die huis mors is dit omdat daar nie 'n deur oop was nie en ek nie gesien het sy het 'n nood nie, so ek kan haar mos nie straf nie. En sy weet dit was verkeerd maar wat moet 'n dier dan nou doen.

My beste raad aan jou is sommer gou al 'n goeie verhouding met jou veearts op te bou, myne is my redding op die beste van tye. Hy ken my diere deur en deur.

Reply to Pi
Posted by: Acineth | 2004/10/20

Ek dink hy kan nou vir a "check up" gaan. Die man wat my jongste hondjie geteel het, het hull op 6 weke vir die eerste inspuiting geneem. As jy hom nou vat, dan kan jy sommer terselfdetyd advies van jou veearts kry.

Reply to Acineth

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement